Blog

Nuwe Agent vir Gansbaai Properties, Conrad Geldenhuys

Nuwe Agent vir Gansbaai Properties, Conrad Geldenhuys

Gans-Berg Nuus / News

Nuwe Agent vir Gansbaai Properties, Conrad Geldenhuys

Gansbaai Properties het onlangs 'n nuwe, plaaslike agent met ope arms verwelkom - Conrad Geldenhuys. Hy is nie onbekend in Gansbaai nie, aangesien hy hier grootgeword het en geruime tyd lank by Gansbaai Apteek gewerk het. Daar het baie mense hom leer ken, wat sal weet dat hy 'n vriendelike, gerespekteerde en intelligente jong man is.

Na skool het Conrad argitektuur by CPUT studeer, maar weens omstandighede buite sy beheer, kon hy nie sy graad voltooi nie. Die waardevolle kennis wat hy by CPUT opgedoen het, sal handig te pas kom in sy nuwe beroep.

Conrad het 'n bekende gesig by Gansbaai Apteek geword en later het hy by Afrikanos restaurant aangesluit. Hy wou die wêreld gaan verken om lewenservaring op te doen en het sy vlerke gesprei. Vir agt maande het hy op die derde grootste passasiersboot, die Harmony of the Seas, gewerk. Hy het nie die aanbod aanvaar om 'n verdere agt maande op die skip te bly nie, want hy wou begin nesskrop in Gansbaai, waar Gansbaai Properties hom met ope arms verwelkom het.

Die eiendomswêreld is nie 'n vreemde plek vir die jong man nie. Hy is die kleinseun van die befaamde bouer, Flip Geldenhuys, wat weens gesondheidsredes moes uittree. Reeds geregistreer by die PPRA, het Conrad met opleiding begin en werk tans onder een van Gansbaai Properties se gekwalifiseerde agente. Conrad staan gereed om sy kliënte te help met eiendomsnavrae en kan hulle met waardevolle inligting en/of argitektoniese riglyne bystaan.

Conrad se mede-agente by Gansbaai Properties is Erika Scheepers, Jackie Dyssel en Megan Crafford.

Hardus Botha

Nuwe Agent vir Gansbaai Properties, Conrad Geldenhuys

Gans-Berg Nuus / News

Gans-Berg Nuus / News is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. Alternating between Afrikaans and English on the front page, it provides current local news, municipal updates, business advertising, and general items of interest. Businesses and p...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

HOME AFFAIRS DATES FOR MAY 2026

HOME AFFAIRS DATES FOR MAY 2026

The Department of Home Affairs Mobile Unit will be in the Overstrand during May 2026.

GGAP Brings Art to Life at Living Wetlands Festival, Groeneweide

GGAP Brings Art to Life at Living Wetlands Festival, Groeneweide

GGAP had a gorgeous day at Groeneweide on 1 May!

R3,375,000: 2 Bedroom House For Sale in Perlemoenbaai

R3,375,000: 2 Bedroom House For Sale in Perlemoenbaai

Perfectly positioned within walking distance of the sea and less than 1km from the heart of Gansbaai...

The Hidden Pattern Behind Belonging and Self-Worth

The Hidden Pattern Behind Belonging and Self-Worth

There is a pattern many don’t recognise while they’re in it.

Maandfunksie en Prysuitdeling - 16 Mei 2026!

Maandfunksie en Prysuitdeling - 16 Mei 2026!

Kom geniet ’n aand van lekker kos, goeie musiek en vriendskap by Birkenhead Boot Klub!

Laerskool Gansbaai vier 120 Jaar!

Laerskool Gansbaai vier 120 Jaar!

Kom vier saam met ons by ons spesiale Gholfdag, ’n dag van pret, samewerking en skooltrots!

Laerskool Gansbaai
See All Articles