SKAAK
Ses van Laerskool Gansbaai se leerders het op Saterdag, 20 September aan die Kingsway Ope Skaaktoernooi deelgeneem.
Hul pragtige uitslae was:
Beginnersgroep - Albert de Villiers (Gr R) behaal 'n 12de plek nadat hy 3 van sy 6 wedstryde wen én teen ouer spelers moes deelneem.
O/8 - Rossouw Coetzer behaal 'n 3de plek deur 4 van sy 6 wedstryde te wen, CJ Fourie behaal 'n 5de plek deur 3 van sy 6 wedstryde te wen en Leroux Coetzer behaal 'n 8ste plek deur 2.5 van sy 6 wedstryde te wen.
O/10 - Isabelle de Villiers behaal 'n 5de plek deur 4 van haar 6 wedstryde te wen. Sy het ook teen seuns gespeel.
O/12 - Hanro Coetzer behaal 'n 1ste plek deur al 6 sy wedstryde te wen.
Welgedaan, Gansies!
Ons is trots op elkeen van julle.









