Blog

100-jarige gesels oor 'rabbedoe-jare‛

100-jarige gesels oor 'rabbedoe-jare‛

Gans-Berg Nuus / News

100-jarige gesels oor 'rabbedoe-jare‛

Maud du Plessis (100) van Klein Overberg Oord (Franskraal Karavaanpark) se kinderlewe kan sonder twyfel as dié van 'n 'rabbedoe' beskryf word. Om vandag, op 100-jarige ouderdom, na haar te kyk, met haar te gesels en haar dop te hou, is om geen twyfel oor die begrip 'rabbedoe' te hê nie - dis steeds die ene lewens-entoesiasme en bedrywigheid. Sy het ononderbroke met die Gans-Berg Nuus gesels - propvol humor en met flymskerp opmerkings wat die lagspiere behoorlik geprikkel het. Maud is 100 jaar gelede op 13 September 1925 in Calitzdorp, Klein Karoo gebore.

“Ek was die jongste van drie dogters, maar ek het soos 'n seunskind grootgeword,” vertel Maud. “Daar was niks op die plaas wat ek nie kon doen nie.” Sy was haar pa se 'handlanger' in alle opsigte. Maud was die grootste deel van haar lewe 'n huisvrou, of eerder, 'n boervrou, aangesien sy met 'n boer getroud was. “Ek het op 'n stadium in 'n kantoor in Wellington gewerk en was ook vir 'n jaar 'n verpleegster in die Kaap, maar verder was ek boervrou,” vertel sy. “Ek kan met groot dankbaarheid getuig dat en van kindsbeen af 'n vol lewe gelei het,” vertel sy.

Maud se eggenoot, Stefanus (Stevie) het haar in 2000 ontval, terwyl hulle op die plaas naby Worcester gewoon het. Sy het 'n dogter, Maud (76) en twee seuns, Fanie (74) en Kobus (65), wat by haar inwoon. Daar is 7 kleinkinders en 9 agterkleinkinders. Sy het sowat 6 jaar gelede vanaf Gordonsbaai na Klein Overberg Karavaankamp verhuis. Maud vertel sy staan nog soggens vroeg op, maak self haar huis aan die kant, was die vloere self en doen ook haar wasgoed self. Sy is steeds lief vir tuinmaak en vroetel nog gereeld in die tuin rond. Wanneer sy bietjie rustig wil wees, dan is daar nog breiwerk wat sy graag sit en doen.

Kobus vertel dat sy ma onlangs na Wessel du Toit op sy motorfiets gekyk het en te kenne gegee het sy sal nogal 'n rit daarop geniet. “Toe Wessel weer verbykom, gryp ek die kans aan en vra hom,” vertel Kobus. “Sy moes toe opklim en daar ry hy, met ouma agter op die motorfiets!” Maud se kommentaar? “Sjoe, maar dit was nou lekker!” Sy gaan op haar 100ste verjaarsdag op 13 September 2025 saam met haar kinders in die Great White House kuier - 'n groot geleentheid. “Maar ek is op soek na 'n Model T Ford om my daarheen te neem,” vertel sy met 'n laggie. “Daar moet hulle ook vir my reël om op 'n haaiboot uit te gaan - dit is iets op my wenslysie!”

Maud is omgepraat om die prestige Vrouedag van die NGK se Gasvryheidsdienste op Saterdagoggend, 9 Augustus 2025 in die Pretoriussaal by te woon, wat sy toe gedoen het - daar is sy as die oudste gas by die funksie, maar beslis nie die koudste gas verwelkom en kry toe op die koop toe 'n yslike melktert. Die Gans-Berg Nuus wens Maud 'n geseënde en gesonde nuwe lewensjaar toe. 

Hardus Botha

100-jarige gesels oor 'rabbedoe-jare‛

Gans-Berg Nuus / News

Gans-Berg Nuus / News is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. Alternating between Afrikaans and English on the front page, it provides current local news, municipal updates, business advertising, and general items of interest. Businesses and p...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

You Are Not Your Past

You Are Not Your Past

There is no shame in the pain you carry from your past.

Life Reflects You

Life Reflects You

Not to define you…

A Wild Start to the Day: Leopard Spotted

A Wild Start to the Day: Leopard Spotted

This morning, our reserve manager received an exciting camera trap alert of a leopard sighting. 

Grootbos Foundation
200+ Youth Apply for Life-Changing Opportunities

200+ Youth Apply for Life-Changing Opportunities

This week was full of excitement as Grootbos Foundation interviewed over 200 young people...

Grootbos Foundation
Sport Changing Lives in Gansbaai

Sport Changing Lives in Gansbaai

For some, Grootbos Foundation is best known for our work in conservation and in fynbos, but for a larger part of the community...

Grootbos Foundation
200+ Youth Apply for Grootbos Skills Programmes 2026

200+ Youth Apply for Grootbos Skills Programmes 2026

This week was full of excitement as Grootbos Foundation interviewed over 200 young people...

Grootbos Foundation
See All Articles