Blog

Gansbaai Wynproegilde Ongelooflike wyne van Langverwacht

Gansbaai Wynproegilde Ongelooflike wyne van Langverwacht

Gans-Berg Nuus / News

Gansbaai Wynproegilde Ongelooflike wyne van Langverwacht

“Vanaand het ons die voorreg om Langverwacht se goeie gehalte wyne teen baie billike pryse te proe,” het voorsitter Japie Spies gesê tydens Gansbaai Wynproegilde se byeenkoms op Dinsdag, 19 Augustus 2025. “Dit was weer eens 'n suksesvolle byeenkoms met 'n volhuis van 62 lede en gaste, ongelooflike wyne en heerlike kos.” Langverwacht Kelder in Bonnievale is langs die Stormsvlei-pad geleë en het 'n ryke geskiedenis wat terugstrek tot 1956. Sowat 13 000 ton druiwe word daar verwerk - waarvan 85% aan wit kultivars gewy is.

Langverwacht se aanbieders vir die aand was Marko Pentz (Keldermeester) en Theunis Botha (Senior Wynmaker). Theunis het na skool aan Elsenburg Landboukollege Keldertegnologie studeer. Sy eerste pars was in 2005 by 'n klein 300-ton kelder, Devon Hill in Stellenbosch. In Desember 2005 sluit hy by Langverwacht aan as Assistent Wynmaker, waar hy steeds as Senior Wynmaker werk. Marko het na skool die graad B.Sc. in Wingerd- en Wynkunde aan die Universiteit van Stellenbosch verwerf. Sy eerste pars was by Kanonkop Wynlandgoed. Daarna volg: Junior Wynmaker by Oranje Rivier Wynkelder se Groblershoop Kelder; Oos-Kaapse Wynkoöperasie (OWK) vir 13 jaar, wat hom ook na Frankryk vir 'n pars gestuur het. Hy het daarna aan die Stellenbosch Besigheidskool in Bestuur en Bemarking gekwalifiseer - aan die einde van 2003 sluit hy as Keldermeester van Langverwacht Wynkelder aan.

Die sewe spogwyne wat vir proe en volledige bespreking aangebied is, was: Chenin Blanc 2025; Sauvignon Blanc 2025; Calcrete Chardonnay 2024; Chardonnay 2023; Ruby Cabernet 2022; Cabernet Sauvignon 2021; en 4 Barrel Shiraz 2022. As 'n spesiale verrassing is 'n Muskadel 2025 saam met die nagereg geproe - dit is nog nie gebottel nie, maar is spesiaal vir die proe saamgebring en sal eers in 2026 beskikbaar wees.

Die witwyn-wenner van die aand was 'n gelykop uitslag: Sauvignon Blanc (2025) en Calcrete Chardonnay (2024). Die rooiwyn-wenner was die 4 Barrel Shiraz (2022). Die algehele wenner van die aand was die 4 Barrel Shiraz, met die Sauvignon Blanc in die tweede plek.

Die gepaste spyskaart van sjef Chris Pead was: Voorgereg - Smoked Snoek Pâté met bykomstighede; Hoofgereg - Pulled Lamb & Thyme Phyllo Parcel met bykomstighede; Nagereg - Caramel Apple & Almond Cream Entremet Tartlets met roomys.

Na die gesellige en suksesvolle byeenkoms het Charl Terblanche en Anne-Marè de Witt die gebruiklike blyk van waardering, Gansbaai Wynproegilde-voorskote, aan Theunis en Marko oorhandig. Die res van die aand is gesellig deurgebring met saamkuier soos net die gilde kan doen.

Hardus Botha

Gansbaai Wynproegilde Ongelooflike wyne van Langverwacht

Gans-Berg Nuus / News

Gans-Berg Nuus / News is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. Alternating between Afrikaans and English on the front page, it provides current local news, municipal updates, business advertising, and general items of interest. Businesses and p...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

You Are Not Your Past

You Are Not Your Past

There is no shame in the pain you carry from your past.

Life Reflects You

Life Reflects You

Not to define you…

A Wild Start to the Day: Leopard Spotted

A Wild Start to the Day: Leopard Spotted

This morning, our reserve manager received an exciting camera trap alert of a leopard sighting. 

Grootbos Foundation
200+ Youth Apply for Life-Changing Opportunities

200+ Youth Apply for Life-Changing Opportunities

This week was full of excitement as Grootbos Foundation interviewed over 200 young people...

Grootbos Foundation
Sport Changing Lives in Gansbaai

Sport Changing Lives in Gansbaai

For some, Grootbos Foundation is best known for our work in conservation and in fynbos, but for a larger part of the community...

Grootbos Foundation
200+ Youth Apply for Grootbos Skills Programmes 2026

200+ Youth Apply for Grootbos Skills Programmes 2026

This week was full of excitement as Grootbos Foundation interviewed over 200 young people...

Grootbos Foundation
See All Articles