Graad 3 Vier ’n Jaar van Pret en Prestasie
Die graad 3-leerders het Maandag, 1 Desember hul jaarlike afsluitingsfunksie by Groeneweide gehou. Die dag was vol pret en waardevolle saam-wees as groep, nadat 'n jaar van harde werk tot 'n einde gekom het. Die dag het begin met 'n gesellige piekniek onder die groot bome waar hulle saam geëet, gekuier en gelag het. Hulle het daarna die diere gevoer en so ook geleer hoe diere versorg word. Die leerders het lekker baljaar op die klimrame en groot grasperke. Elke leerder het 'n melkskommel ontvang - die perfekte manier om op 'n warm dag af te koel en die jaar se suksesse te vier. Dankie aan Groeneweide wat ons altyd so vriendelik ontvang.















