Graad 2 van Laerskool Gansbaai Begin Clivia-Kweekprojek
Graad 2 het vandag hul selfgekweekte clivia-plantjies uitgeplant in plastieksakke.
Ons het ook nuwe clivia-bolle oopgebreek, die saadjies skoongemaak en geplant.
Met polistireenbokse en plastiek het ons ons eie “kweekhuis” gebou.
Baie dankie aan Whale Coast Conservation wat die bolle aan ons geskenk het en hierdie projek geïnisieer het.
Hou hierdie spasie dop om te sien hoe ons plantjies ontkiem!















