Six-a-Side 2026
Wat ’n ongelooflike dag was dit laas Saterdag by die Six-a-Side toernooi! Ons O/13-krieketspan het uitstekend gevaar en regtig gewys wat in hulle steek. Die seuns het deur die dag nuwe vaardighede aangeleer, as span gegroei en mekaar deurentyd ondersteun.
Hulle het deurgedring tot die finaal – ’n besondere prestasie waarop ons baie trots is! Ongelukkig moes hulle in die eindstryd die knie buig teen Curro Hermanus, maar hulle veggees en deursettingsvermoë was duidelik sigbaar.
’n Groot dankie aan Laerskool Okkie Smuts vir ’n goed georganiseerde dag en die geleentheid wat aan ons spelers gebied is. Dit word opreg waardeer!















