o.13 Sporttoer na Oudtshoorn
Ons o.13 rugby- en netbalspan het vanaf 19-21 Maart getoer vir deelname aan Laerskool Van Reede se sportdag in Oudtshoorn.
Die leerders het nie net goeie, kompeterende rugby en netbal gespeel nie, maar het ook die geleentheid gehad om die Cango Wildlife Ranch te besoek.
Dit was ’n fantastiese ervaring en die kinders het dit vreeslik geniet! Baie dankie aan almal wat bygedra het om die toer so suksesvol te maak.












