TROTS OP ONS GANSIES!
Ses van ons Gansies het die naweek die Overberg met trots by die Platteland Tennistoernooi verteenwoordig! Van Hermanus tot Ceres en Montagu het ons spelers hul staal gewys en met groot geesdrif deelgeneem.
Die Overberg-span se uitslae:
• o.10-span - 2de plek
• o.11-span - 4de plek
• o.12-span - 3de plek
Ons Gansies wat deelgeneem het:
• o.10: Isabelle de Villiers - Hermanus
• o.11: Anneke du Preez - Montagu
• o.12: Daniël de Villiers, Merli de Wet, Vera Long en Sylvie Pretorius - Ceres
Baie geluk aan elkeen van julle! Julle harde werk, deursettingsvermoë en sportmanskap maak ons ongelooflik trots.
Dankie dat julle Laerskool Gansbaai en die Overberg so mooi verteenwoordig het.
Een span, een doel, een trotse Overberg!











