'N LEKKER TENNISSEISOEN OP 'N HOË NOOT AFGESLUIT!
Op Saterdag 14 November het Worcester-Oos ons by Laerskool Gansbaai besoek as deel van hulle tennistoer.
Dit was 'n heerlike dag vol tennis, goeie sportmanskap en sommer baie pret, ten spyte van die wind wat ons behoorlik deurmekaar gewaai het!
Ons kinders het goed gevaar en dit was wonderlik om te sien hoe hulle die dag geniet het.
'n Groot dankie aan elke afrigter, ouer, oupa, ouma, boetie en sussie wat kom ondersteun het. Julle teenwoordigheid en ondersteuning het beslis bygedra tot 'n wonderlike dag en gehelp om ons tennisjaar op so 'n mooi noot af te sluit. Ons waardeer elkeen se betrokkenheid opreg!
Dit was dan ook ons laaste tennisgeleentheid vir die jaar.
Baie sterkte met die eksamens wat voorlê. Mag dit goed gaan met elkeen en mag julle harde werk vrugte afwerp!
Dankie vir 'n wonderlike tennisjaar!












