Die lekker daarvan

Die lekker daarvan

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Vir die gesoute hengelaars is hierdie geskryf onnodig. Wel, onnodig omdat hulle sal weet waaroor dit gaan  -  maar ek dink ook hulle sal saamstem, en hopelik saamvoel soos die storie ontvou. Daar word heel dikwels geskryf oor die genot van hengel, maar kom ons vat dit punt vir punt en kyk of ons die leek ook die “gevoel” kan gee.

Kom ons gaan hengel vanaf ‘n boot. Dis baie opwindend wanneer klein vis geteiken word en ‘n grote onverwags met jou lyn op loop gaan, maar hierdie keer soek jy geelstert! Jou “tackle” sal volgens omstandighede verskil en sal daarvolgens voorberei moet word. En dis waar die verwagting en die opwinding begin. Is jy nie bedrewe met die geelstertvangery nie is die uitdaging soveel groter en die afwagting soveel temeer. Die tyd gaan te stadig verby.

 Jy is uiteindelik op die water en terwyl jy tussen die ander bote beweeg sien jy net blinklywe soos die manne die vis aan boord bring. Die vis loop grondlangs en jou lyn is korrek voorberei. Jy begin sommer bewe, wat gaan jou stop om vandag die grotes aan boord te kry?

Dan kom jy agter jou storie werk nie, jy kry nie eers’n byt nie! So bietjie steel met die oog vertel jou jou sinker is te lig en jy maak reg. Dan volg die verwagte byt maar jy skrik jou steeds yskoud.  Jou lyn breek en daarna volg die strop ook. Hierdie visse is gróót.

Om jou lê al ‘n paar massiewe geelbekke. Weer moet verander word  --   jou swaarste lyn, ‘n ordentlike hoek en ‘n baie groot sinker is binne oomblikke gereed (oorgretige en bewende hande, ten spyt) en laat sak die water in. Om soveel geelbekke agter te wees maak jou so bietjie paniekerig.

Dan gebeur dit. ‘n Geelbek gryp jou lyn en as hy met jou aas wegspring is dit ‘n goeie ding dat jy nie hartmoeilikheid het nie. Nou het jy darem vertroue in jou gereedskap en met mening begin jy die lyn intrek. Dit moet ‘n monster wees want dit gaan swaar en die vis wil niks weet nie! Maar jy weet ook dat daar nie gespeel moet word met hierdie visse nie. Trek vir trek kom die geelstert nader. Jou hart bons en jou asem jaag. Die monstervis  het geen genade nie en jy is bang hy gaan wegkom. Dis dalk jou enigste vir die dag  --  dit moet asb. nie gebeur nie! Jy sukkel maar tog kom die vis nader. Die ander manne se gedoentes maak nie nou saak nie, jy konsentreer met elke haal en jou oë bly genael op die water wanneer jy die vis die eerste keer sal sien. So gaan dit met elke bietjie lyn gewen en eindelik, eindelik breek hierdie pragtige geelbek die oppervlak en nou moet hy oorboord getel word. Wanneer die geelbek naby genoeg is word die lyn stewig vas gevat en dan volg die volgende hartstilstandslag  --  gaan jy hom nie nóú verloor nie? Die harde slag volg en die vis spartel in die boot. Jy het hom! Met ‘n gesukkel en gebewe word die vis losgehaak van die hoek en weggebêre. Dan skielik besef jy, daar is mos nog! Aas aan en lyn oorboord, daar is nog baie opwinding voor. Ai, is dit nie lekker nie?!

Groete, Seemeeu

Die lekker daarvan

Seemeeu

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Walker Bay Field Trip Inspires Grootbos Foundation Students

Walker Bay Field Trip Inspires Grootbos Foundation Students

The Horticulture Students enjoyed a local nature/tourism field trip this week...

Grootbos Foundation
How Much of Yourself Have You Left Behind?

How Much of Yourself Have You Left Behind?

One of the greatest tragedies of living in a narcissistic relationship is that you don't lose yourself all at once.

Stanford Youth Complete Employability Training

Stanford Youth Complete Employability Training

These are the faces of 21 youths from Stanford who completed 3 days of Employability Training.

Grootbos Foundation
When Your Dreams Become Too Dangerous to Dream

When Your Dreams Become Too Dangerous to Dream

One of the quietest losses in a narcissistic relationship is not something you can see. 

A Creative Photography and Writing Challenge

A Creative Photography and Writing Challenge

Take a photograph of something that catches your attention.

Gansveer Poetry Group
R4,800,000: 3 Bedroom House For Sale in De Kelders

R4,800,000: 3 Bedroom House For Sale in De Kelders

Luxury in abundance, stylish open-plan home offers a peaceful lifestyle...

See All Articles