Die DA het sy belofte dat hy die Wes-Kaap blou sal hou, in die die afgelope verkiesing op 04 Mei, gestand gedoen. Ook in die Overstrand het die DA groot sukses behaal en 21 732 (58.56%) van die 37 109 kiesers se stem gekry. Daar was 283 stembriewe wat bederf was en nie by die geldige kieserstal ingesluit is nie. Daar was altesaam 49 699 geregistreerde kiesers in die Overstrand waarvan 74.6% gestem het. Die ANC het met 13 152 stemme 35.44% van die stemtotaal gekry.
GANSBAAI
In Groter Gansbaai en landelike omgewing het kiesers ook weer verseker dat die DA in bewind bly. Wyke 1,2 & 11 se hoof rolspelers was die DA & ANC terwyl dit ook interessant is om na die VF+ en die nuwe EFF party van Julius Malema se vertonings te kyk. Blompark wat voorheen deur die ANC gewen is, is deur die DA teruggeneem en die vreugdevure het behoorlik in die DA-Kamp gebrand.
Bogenoemde partye se stemlokaaluitslae was as volg:
OVERSTRAND PROVINSIAAL
WYK | STEMLOKAAL | VF+ | ANC | DA | EFF |
1 | Gansbaai GC | 35 | 20 | 1266 | 0 |
1 | Masakhane | 1 | 1763 | 32 | 75 |
2 | Pretorius Saal | 53 | 19 | 1679 | 4 |
2 | Blompark gemeenskap saal | 1 | 419 | 437 | 4 |
11 | Pearly Beach | 9 | 253 | 372 | 2 |
11 | Standford gemeenskap saal | 6 | 607 | 1083 | 13 |
11 | Baardskeerders Bos | 12 | 18 | 212 | 1 |
11 | Viljoenshof | 2 | 56 | 55 | 2 |
11 | St Pauls (Withoogte) | 6 | 23 | 71 | 3 |
OVERSTRAND NASIONAAL
WYK | STEMLOKAAL | VF+ | ANC | DA | EFF |
1 | Gansbaai GC | 93 | 17 | 1219 | 1 |
1 | Masakhane | 0 | 1911 | 29 | 89 |
2 | Pretorius Saal | 97 | 25 | 1670 | 4 |
2 | Blompark gemeenskap saal | 2 | 419 | 440 | 4 |
11 | Pearly Beach | 30 | 291 | 368 | 0 |
11 | Standford gemeenskap saal | 20 | 653 | 1067 | 17 |
11 | Baardskeerders Bos | 16 | 19 | 204 | 1 |
11 | Viljoenshof | 6 | 56 | 52 | 3 |
11 | St Pauls (Withoogte) | 5 | 29 | 66 | 3 |
STEMTOTALE | VF+ | ANC | DA | EFF |
Nasionaal 2014 | 269 | 3420 | 5115 | 122 |
Provinsiaal 2014 | 124 | 3178 | 5020 | 104 |
Francois de Jongh