Komposisie Kunstenaars en Fotograwe

Komposisie Kunstenaars en Fotograwe

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Die alombekende kunstenaar en beeldhouer van Baarskeerdersbos, Niël Jonker, het tydens Gansbaai Fotografieklub se byeenkoms op Maandag, 2 Junie 2014 vir ‘n interessante aanbieding binne klubgeledere gesorg. Niël het die begrip “komposisie” (ordening van losstaande dele tot ‘n eenheid) vanuit ‘n skilder se perspektief teenoor die fotograaf se perspektief verduidelik en gedemonstreer.

“Die ooreenkoms tussen komposisie vir die kunstenaar en dié van ‘n fotograaf, is merkwaardig,” het Niël gesê. “As voorbeeld kan ek noem dat, wanneer ek iets oor skilder wil leer, besoek ek die biblioteek se fotografie-afdeling.” Niël vertel dat hy altyd buite in die opelug skilder en, ongeag weersomstandighede, nooit terugkeer voordat hy nie sy doelwit bereik het nie, selfs al sit hy in sy voertuig en skilder. Niël het foto’s van etlike van sy uitstaande skilderye vertoon en telkens op die komposisie wat daarin opgesluit lê, met foto’s van fotograwe vergelyk.

“Dit is moeilik om komposisie te verwoord, maar dit kom neer op die verhouding tussen die kunstenaar of fotograaf met sy onmiddelike omgewing,” het hy gesê. ‘n Sketsboek is vir hom van onskatbare waarde en hy maak eers sketse in verskillende stadiums - vanaf die raamwerk tot by die “een derde reël” van die toneel wat hy wil skilder. Niël se bekendheid is verweef in landskap-, stillewe- en figuurlike/beeldende skilderye, asook in beeldhouwerke. Dan bied hy ook broodmaak-werkswinkels aan. Die klublede was dit eens dat dit ‘n leersame aanbieding was en dat ‘n projek-besoek aan Baardskeerdersbos se pragtige omgewing, asook die B’Bos Kunsroete, ‘n goeie uitdaging vir die toekoms is.

Niël kan by 082-651-7414 gekontak word, of stuur ‘n e-pos aan info@nieljonker.co.za of besoek sy webtuiste by www.nieljonker.co.za. Die klub se volgende byeenkoms is ‘n sosiale byeenkoms om 18:15 vir 18:30 (wintermaande) op 16 Junie waartydens die kompetisiewenners aangewys sal word en hul pryse oorhandig sal word.

Vir navrae rakende Gansbaai Fotografieklub kan Christo Wessels by 082-920-9738 of Linda Kloppers by 082-550-7313 geskakel word.

Hardus Botha

Christo Wessels, Niël Jonker, Clive Bailey en Marc du Plessis na afloop van Niël se aanbieding

Komposisie Kunstenaars en Fotograwe

Gansbaai Courant

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Walker Bay Field Trip Inspires Grootbos Foundation Students

Walker Bay Field Trip Inspires Grootbos Foundation Students

The Horticulture Students enjoyed a local nature/tourism field trip this week...

Grootbos Foundation
How Much of Yourself Have You Left Behind?

How Much of Yourself Have You Left Behind?

One of the greatest tragedies of living in a narcissistic relationship is that you don't lose yourself all at once.

Stanford Youth Complete Employability Training

Stanford Youth Complete Employability Training

These are the faces of 21 youths from Stanford who completed 3 days of Employability Training.

Grootbos Foundation
When Your Dreams Become Too Dangerous to Dream

When Your Dreams Become Too Dangerous to Dream

One of the quietest losses in a narcissistic relationship is not something you can see. 

A Creative Photography and Writing Challenge

A Creative Photography and Writing Challenge

Take a photograph of something that catches your attention.

Gansveer Poetry Group
R4,800,000: 3 Bedroom House For Sale in De Kelders

R4,800,000: 3 Bedroom House For Sale in De Kelders

Luxury in abundance, stylish open-plan home offers a peaceful lifestyle...

See All Articles