Die Wonderlike werk van die Heilige Gees

Die Wonderlike werk van die Heilige Gees

Gansbaai Courant

“Hy het ons verlos, nie op grond van iets wat ons vir ons vryspraak gedoen het nie, maar op grond van sy eie ontferming. Dit het Hy gedoen deur die wedergeboorte wat die sonde afwas, en deur die Heilige Gees wat nuwe lewe gee. GOD het die Heilige Gees oorvloedig op ons uitgestort deur Jesus Christus ons Verlosser.” (Tit 3:5  Tit 3:6)

Dit is weer daardie tyd van die jaar waar die kerk stilstaan rondom die uitstorting van die Heilige Gees – en juis in hierdie tyd ervaar ons opnuut die wonderlike werking van GOD in  ons lewe deur die Heilige Gees. Ons as mense wil tog so graag daarop roem dat ons die Heilige Gees het,  of dat ons die Heilige Gees in ons lewe ingenooi het. Maar as ons net vir ’n oomblik gaan stilstaan sal ons besef dat ons geen aandeel in hierdie wonderlike werking van die Heilige Gees in ons lewe het nie. Dit is suiwer GOD se werk!  Ja, jy hoor die Bybel tereg sê dat die mens NIKS kan doen om sy saak met GOD te verbeter nie. Dis alles net genade van GOD se kant af. (Efesiërs 2:8-10, 2 Korintiërs 5:18 en Titus 3:6) Ons kan nie met al ons planne of met ons eie verstand of al ons krag GOD oortuig om ons deel te laat kry aan die ewige lewe nie. Ons kan nie die Heilige Gees oortuig om ons as GOD se kinders te aanvaar nie. Want jy sien - GOD doen dit self as gevolg van Sy groot liefde vir ons. Dit is die grootste wonderwerk in jou lewe!

Vir baie gelowiges gaan hierdie volgende stelling as ’n skok kom. Vir ander gaan dit dalk die eerste keer in hulle lewe bevryding bring: Die mens, ja, ek en jy – kan niks doen om GOD beter van ons te laat dink nie. Ons het geen aandeel aan ons verlossing nie – want dit is 100 % GOD se keuse om ons te red, om Sy Heilige Gees in ons lewe uit te stort en om die gebroke verhouding met Hom te herstel. Al wat ons kan doen, is om hierdie nuwe lewe wat GOD reeds aan ons geskenk het, te aanvaar en met oorgawe tot eer van GOD te begin lewe. Hoe meer ons die Bybel lees, hoe beter gaan ons die stem van GOD (die Heilige Gees) in ons lewe hoor. Hoe minder ons die Bybel lees, hoe swakker gaan ons GOD se stem hoor.

Die Heilige Gees is elke dag besig om te werk in jou lewe. Jy hoef nie te wag dat Hy kom nie. Op Pinksterdag het Hy gekom en Hy het nog nooit die kerk verlaat nie. Maak oop jou Bybel en luister wat Hy vir jou wil sê!

Die Wonderlike werk van die Heilige Gees

Ds Deon Kloppers

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Embracing True Happiness: Finding Peace Within

Embracing True Happiness: Finding Peace Within

Can you experience pure happiness in this moment, without any external factors affecting it?

Jaarlikse Ope-dag Bonanza Visvangkompetisie

Jaarlikse Ope-dag Bonanza Visvangkompetisie

Die boothengelkompetisie van 30 April 2024 wat deur die bestuur van die Birkenhead Boothengelklub gereël is, verskil so 'ietwat' van die klub se gewone maandelikse kompetisies.

Gans-Berg Nuus / News
Empowering Entrepreneurs with Grootbos Foundation Mentorship

Empowering Entrepreneurs with Grootbos Foundation Mentorship

Exciting update from our Entrepreneurship Programme and Enterprise Development at Grootbos Foundation!

Grootbos Foundation
Transform Your Business Space with Paint

Transform Your Business Space with Paint

Paint plays a pivotal role in setting the tone and ambience of commercial spaces, from cosy cafes to bustling stores and elegant restaurants.

Join Us in Protecting Pearly Beach!

Join Us in Protecting Pearly Beach!

The Pearly Beach Ratepayers Association works to keep Pearly Beach beautiful and safe.

Fenominale Franskraler - Natalie Louw

Fenominale Franskraler - Natalie Louw

Skilder, skrywer, digter, beeldhouer, fotograaf, skut, liefde vir renmotors, Kayalami-ritte, blinde navigasie betrokkenheid, landloop-skeidregter, vryskutjoernalis, rubriekskrywer...

Gans-Berg Nuus / News
See All Articles