Die Wonderlike werk van die Heilige Gees

Die Wonderlike werk van die Heilige Gees

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

“Hy het ons verlos, nie op grond van iets wat ons vir ons vryspraak gedoen het nie, maar op grond van sy eie ontferming. Dit het Hy gedoen deur die wedergeboorte wat die sonde afwas, en deur die Heilige Gees wat nuwe lewe gee. GOD het die Heilige Gees oorvloedig op ons uitgestort deur Jesus Christus ons Verlosser.” (Tit 3:5  Tit 3:6)

Dit is weer daardie tyd van die jaar waar die kerk stilstaan rondom die uitstorting van die Heilige Gees – en juis in hierdie tyd ervaar ons opnuut die wonderlike werking van GOD in  ons lewe deur die Heilige Gees. Ons as mense wil tog so graag daarop roem dat ons die Heilige Gees het,  of dat ons die Heilige Gees in ons lewe ingenooi het. Maar as ons net vir ’n oomblik gaan stilstaan sal ons besef dat ons geen aandeel in hierdie wonderlike werking van die Heilige Gees in ons lewe het nie. Dit is suiwer GOD se werk!  Ja, jy hoor die Bybel tereg sê dat die mens NIKS kan doen om sy saak met GOD te verbeter nie. Dis alles net genade van GOD se kant af. (Efesiërs 2:8-10, 2 Korintiërs 5:18 en Titus 3:6) Ons kan nie met al ons planne of met ons eie verstand of al ons krag GOD oortuig om ons deel te laat kry aan die ewige lewe nie. Ons kan nie die Heilige Gees oortuig om ons as GOD se kinders te aanvaar nie. Want jy sien - GOD doen dit self as gevolg van Sy groot liefde vir ons. Dit is die grootste wonderwerk in jou lewe!

Vir baie gelowiges gaan hierdie volgende stelling as ’n skok kom. Vir ander gaan dit dalk die eerste keer in hulle lewe bevryding bring: Die mens, ja, ek en jy – kan niks doen om GOD beter van ons te laat dink nie. Ons het geen aandeel aan ons verlossing nie – want dit is 100 % GOD se keuse om ons te red, om Sy Heilige Gees in ons lewe uit te stort en om die gebroke verhouding met Hom te herstel. Al wat ons kan doen, is om hierdie nuwe lewe wat GOD reeds aan ons geskenk het, te aanvaar en met oorgawe tot eer van GOD te begin lewe. Hoe meer ons die Bybel lees, hoe beter gaan ons die stem van GOD (die Heilige Gees) in ons lewe hoor. Hoe minder ons die Bybel lees, hoe swakker gaan ons GOD se stem hoor.

Die Heilige Gees is elke dag besig om te werk in jou lewe. Jy hoef nie te wag dat Hy kom nie. Op Pinksterdag het Hy gekom en Hy het nog nooit die kerk verlaat nie. Maak oop jou Bybel en luister wat Hy vir jou wil sê!

Die Wonderlike werk van die Heilige Gees

Ds Deon Kloppers

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Walker Bay Field Trip Inspires Grootbos Foundation Students

Walker Bay Field Trip Inspires Grootbos Foundation Students

The Horticulture Students enjoyed a local nature/tourism field trip this week...

Grootbos Foundation
How Much of Yourself Have You Left Behind?

How Much of Yourself Have You Left Behind?

One of the greatest tragedies of living in a narcissistic relationship is that you don't lose yourself all at once.

Stanford Youth Complete Employability Training

Stanford Youth Complete Employability Training

These are the faces of 21 youths from Stanford who completed 3 days of Employability Training.

Grootbos Foundation
When Your Dreams Become Too Dangerous to Dream

When Your Dreams Become Too Dangerous to Dream

One of the quietest losses in a narcissistic relationship is not something you can see. 

A Creative Photography and Writing Challenge

A Creative Photography and Writing Challenge

Take a photograph of something that catches your attention.

Gansveer Poetry Group
R4,800,000: 3 Bedroom House For Sale in De Kelders

R4,800,000: 3 Bedroom House For Sale in De Kelders

Luxury in abundance, stylish open-plan home offers a peaceful lifestyle...

See All Articles