Hengelnuus

Hengelnuus

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Niks nuuts op die hengelfront nie en daarom die volgende storie wat ons noem:  Wat ’n keuse!

Clive en Wally  --  dis nou twee vriende van my en J.C., Clive se sesjarige seun, was saam op die rubberboot en hard besig om kreefnette te trek toe dit gebeur het.

Laat ek eers verduidelik  --  albei van hulle kom van Gauteng se wêreld, maar die feit dat hulle albei vakansiehuise besit in die Kelders het gemaak dat die soutwater hul are binnegedring het. Sodoende het hulle heelwat ondervinding opgedoen ten opsigte van kreef uithaal en hengel.

Die keer sou ietwat verskil van dié waaraan hulle gewoond geraak het.

Clive is die een wat steeds nie vriende gemaak het met seekatte en seeslange nie, terwyl Wally, sê maar, versigtig is. Ek moet meld dat terwyl die kreefnette gelig word hierdie dierasies gewoonlik reeds plek daarin bespreek het, dus is dit nie ongewoon om hulle redelik gereeld in die nette te vind nie.

Wally het geskipper en dit was Clive se werk om die nette op te trek.

Die gevolgtrekking waartoe die leser teen die tyd sal kom is dat Clive van die genoemde dierasies in die nette gevind het en groot sou skrik. Reg  --  maar lees verder!

Toe Clive die net oor die kant van die boot wou lig, het hy dadelik die seeslang daarin gewaar. Kyk, Clive mag ander goed wees, maar “stupid” is hy nie. Die net word buite die boot in die lug gehou sodat die slang self kan besluit dat die seewater ‘n beter opsie is as om met drie Gautengers in ‘n boot te beland!

Toe slang se kind die water tref, word die net ingelig en op die dek van die boot laat sak  --  en dis net hier waar slang nommer twee besluit om nader kennis te maak en sommer direk na Clive begin seil. Clive het soos ‘n seekat blitsig van kleur verander (net valer, en gouer natuurlik). Aangesien hy glad nie belang gestel het in nadere kennismaking met so ‘n slymerige gedoente nie, gryp hy die gaffel en begin wild en wakker haak na die slang.

Kyk, die man is ‘n hoogs opgeleide ingenieur, maar moes met al die opgewondenheid vergeet het dat wanneer jy iets naderhaak, die afstand kleiner word en nie groter nie. Eintlik het dit nie gebeur nie want soos die slang nader kom het Clive gerittereer. Wat hom seker meer verbouereerd gemaak het was Wally se onbeheerste gelag en J.C. se luide instruksies aan hom.

Nou ja, spasie in ‘n boot is beperk en mettertyd was daar geen verdere beweegruimte nie. Wally vertel wat hy toe gesien het was ‘n paar stokstywe bene, ‘n gaffel wat nog wild haak en ‘n lewensgordel wat almal saam in die see neerplons. J.C. skree vir sy pa om te swem en Wally (ook maar skrikkerig vir die slang) probeer deur sy gelag verhinder dat die gaffel die rubberboot sy lug ontneem. Clive is ‘n uitstekende swemmer, maar ‘n gaffel en ‘n reddingsgordel (wat hy gedink het deel van die boot was en aan wou vasklou) het die swemmery meer na ‘n gespartel laat lyk.

Die geskreeu om hulp het Wally, ‘n groot gentleman, altyd besorgd oor ander mense, vir Clive laat verstaan dat die slang nog steeds in die boot is, en wil hy nie maar veiligheidshalwe in die water bly nie? Wou seker nie die kans waag dat Clive van verdere skrik weer terugspring in die water nie.

In moeilike tye kan Clive met enige matroos meeding wat swets betref en hy het Wally gou laat verstaan dat ‘n haai by hom groter respek afdwing as ‘n slang en sal hy hom nou asseblief die boot inhelp?

Op die ou einde is die lastige seeslang wel verenig met sy ander seegediertes en het die drie Gautengers weer vrede met mekaar gemaak. Al probleem bly om die storie feitelik oor te dra  --  daarvoor lag Wally steeds te veel, en Clive? Het glo “geheueverlies”. J.C. vertel niemand swem so vinnig soos sy pa nie. 

Groete, Seemeeu

Hengelnuus

Seemeeu

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Grootbos Florilegium Brings Fynbos to Eden Project UK

Grootbos Florilegium Brings Fynbos to Eden Project UK

For our parting shot, one of Grootbos Foundation's longest relationships with the Eden Project in the UK...

Grootbos Foundation
Self-Acceptance: The Key to Emotional Freedom

Self-Acceptance: The Key to Emotional Freedom

Being comfortable with myself sets me free.

Gansbaai Artist Antje Shone Celebrates Art Exhibition Success

Gansbaai Artist Antje Shone Celebrates Art Exhibition Success

GGAP CONGRATULATES our very special artist and graphic designer, ANTJE SHONE! 

Why a Sole Mandate Can Make a Difference When Selling Your Property

Why a Sole Mandate Can Make a Difference When Selling Your Property

Selling a property is more than putting a sign outside the house and placing an advert online.

R2,495,000: 3 Bedroom House For Sale in De Kelders

R2,495,000: 3 Bedroom House For Sale in De Kelders

Some properties are about the house. Others are about where the house is. This is most definitely one of the latter.

October’s Latest Women’s Fashion Arrivals

October’s Latest Women’s Fashion Arrivals

New month, new pieces at Komtessa Boutique.

Komtessa Boutique
See All Articles