Skaamte Sonde maak dit saak

Skaamte Sonde maak dit saak

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Nie almal rondom ons is Christene nie;  nie al die Christene om ons is gelowige Christene nie; hierdie waarheid het ek baie onlangs maar net weer eens besef.  Maar sonde bly sonde, ongeag aan wat of aan wie ‘n mens glo. ‘n Mens kan sonde met jou bure hê, met die politiek of die aandelebeurs, of sonde met die molle in jou groentetuin.  Dis ‘n ergenis, ‘n irritasie, ‘n vertroebelaar van jou lewensrivier wat jy gehoop het  sagweg en helder oor klein ronde klippies sou kabbel. 

Ons het vandag net ‘n natuurlike weerstand teen alles wat eerlik, waardig, wettig en respektabel is. Of het ons? Die uitgangspunt is: solank ek niemand kwaad doen nie, is dit vir my reg. So gaan ons ander voertuie op ‘n soliede streep verby, solank as wat ons kan sien die pad is skoon aan die voorkant.  En dan is ons arrogant genoeg om te verweer dat die mense wat die opdrag gegee het vir die strepe om geverf te word, nie geweet het wat hulle gedoen het nie; hulle het dit gedoen in die tyd toe voertuie nog nie so vinnig was nie en het vergeet dat ook strepe in die pad met tyd hersien moet word. Ons ry met padhoflikheid  binne die padskouer wat met geel streep versper is sodat die jaer aan die agterkant kan verbykom, of dit teen ‘n blinde koppie is, al dan nie. Wat belangrik is, is daardie selfvoldane gevoel wanneer die verbykommer sy oranje vir ons flits uit dankbaarheid vir die goeie gebaar. Dat die padreëls  dit verbied, maak vir ons geen sin nie. 

Liewer die wet oortree as om onsself  bloot te stel aan die moontlike argwaan van ‘n mede-padverbruiker wat ewe roekeloos voortreis.  Kom ons dan oor die koppie – met genade weer op die ryvlakbaan – het ons ‘n eiertjie te lê oor die vragmotor wat, met al die korrekte waarskuwingstekens, binne die geel streep stilstaan. Hoe onnosel kan iemand nou wees om juis dáár van die pad af te trek; hy kan ‘n lelike ongeluk veroorsaak! 

Terwyl ons dan daagliks in stomme verskrikking  die ongeluksyfers op ons paaie aanhoor, kan ons eerlikwaar verwyderd daarvan staan?  Die roekelose bestuurders wat hierdie ongelukke veroorsaak, was ook eens kinders agter in hul ouers se voertuig terwyl Pa die padreëls onverskrokke geïgnoreer het en homself daaroor geregverdig het.  Geen kind wil slegter as sy of haar pa wees nie; inteendeel, hulle sal hard probeer om beter as Pa te doen, want saam daarmee kom selfvertroue.  Elke seun wil die held in sy pa se oë wees in dieselfde maat waarmee hy sy pa as ‘n held bejeën het – en nog meer.

Ons leer ons kinders om nie rommel by die voertuig se venster uit te gooi nie, maar hulle moet hoor hoe agressief ons optree teenoor die verkeersman wat ‘n boete wil uitskryf omdat hy ons vasgetrap het met ‘n selfoon teen die oor terwyl ons bestuur het. Ons gaan vat die onderwyser aan omdat ‘n kind se toetspunte nie na wense is nie, maar tuis wend ons geen poging aan om die kind  se studies te monitor, hom aan te moedig of te dissiplineer nie.  Ek weier om te glo dat my kind as boelie gebrandmerk word,  maar eintlik het ekself nog nooit enige respek vir my medemens gehad of getoon nie. Ek veroordeel my kind omdat hy op straat lê saam met verkeerde maats, maar ek het nog nooit ‘n poging aangewend om ‘n vriend vir my kind te wees nie.

Ons verfoei korrupsie en bedrog met ‘n passie, maar kyk nooit binnetoe hoe ons self ander mense beroof van hulle menswees: hulle tyd, energie, en menswaardigheid nie.  Ons leer ons kinders om van binne bang te wees, maar vreesloos buitentoe te leef en neem hulle dan kwalik omdat hulle uit pure verwarring met dwelms begin eksperimenteer in hul soeke na balans.

Volgens my oortuiging is ons almal – te wyte aan een spreekwoordelike rooi appel – vol sonde.  Ons het geen skaamte meer nie.

Sonder selfrespek is daar geen rigtingwyser wat ons na respek vir ander kan lei nie.

Solank as wat die Eie Ek altyd reg is, sal die hele wêreld rondom verkeerd wees. Wat maak dit tog saak?

Carine Badenhorst

Skaamte Sonde maak dit saak

Carine Badenhorst

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Grootbos Florilegium Brings Fynbos to Eden Project UK

Grootbos Florilegium Brings Fynbos to Eden Project UK

For our parting shot, one of Grootbos Foundation's longest relationships with the Eden Project in the UK...

Grootbos Foundation
Self-Acceptance: The Key to Emotional Freedom

Self-Acceptance: The Key to Emotional Freedom

Being comfortable with myself sets me free.

Gansbaai Artist Antje Shone Celebrates Art Exhibition Success

Gansbaai Artist Antje Shone Celebrates Art Exhibition Success

GGAP CONGRATULATES our very special artist and graphic designer, ANTJE SHONE! 

Why a Sole Mandate Can Make a Difference When Selling Your Property

Why a Sole Mandate Can Make a Difference When Selling Your Property

Selling a property is more than putting a sign outside the house and placing an advert online.

R2,495,000: 3 Bedroom House For Sale in De Kelders

R2,495,000: 3 Bedroom House For Sale in De Kelders

Some properties are about the house. Others are about where the house is. This is most definitely one of the latter.

October’s Latest Women’s Fashion Arrivals

October’s Latest Women’s Fashion Arrivals

New month, new pieces at Komtessa Boutique.

Komtessa Boutique
See All Articles