AfriForum koop "amptelike taal" en "moedertaal" as verjaarsdaggeskenke

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Die burgerregte-organisasie AfriForum het onlangs die woorde “amptelike taal” en “moedertaal” eksklusief aangekoop as deel van die Woordeboek van die Afrikaanse Taal (WAT) se fondswerwingsprojek, “Borg ‘n Woord”.

Hierdie spesifieke woorde is gekies om die 90ste herdenking van die aanvaarding van Afrikaans as amptelike taal in Suid-Afrika te vier. Volgens Alana Bailey, Adjunk Uitvoerende Hoof van AfriForum verantwoordelik vir taalkwessies, is dit ‘n voorreg om Afrikaans se prestasie as hoëfunksietaal asook die bydrae van die WAT - die kroonjuweel van Afrikaanse woordeboeke - op hierdie wyse te herdenk.

“Die bevordering en verskansing van Afrikaanse taalregte is 'n prioriteit vir AfriForum. Dit geld ook vir die uitbreiding en beskerming van moedertaalonderrig,” het Bailey gesê. “Die afgelope jaar het ons daarom onder meer die regsaak van taalaktivis Cerneels Lourens teen die staat oor die publikasie van landswette in al elf amptelike landstale finansieel ondersteun en ook die SLIM-veldtog geloods om jongmense aan te moedig om in hulle moedertaal te studeer,” aldus Bailey. SLIM staan vir ‘Studeer en Leer In jou Moedertaal’. AfriForum is bekommerd oor die druk wat van owerheidsweë op Afrikaans as amptelike taal en veral onderrigtaal uitgeoefen word.

“In die onlangse verlede het die minister van hoër onderwys en opleiding, dr. Blade Nzimande, onder meer verklaar dat hy 'n Afrikaanse tersiêre onderwysinstelling ‘sal toemaak’ - ‘n blatante miskenning van die feit dat só ‘n instelling iets is waarop Afrikaanssprekendes geregtig is. Die koop van woorde is ‘n prettige manier waarop die WAT finansieel ondersteun kan word, maar daar lê ook 'n dieper boodskap daaragter, naamlik dat ons ons moedertaal moet koester en ons taal se regte as amptelike taal moet opeis,” het Bailey verder gesê. Bailey moedig die publiek aan om ook by te dra tot die viering van die 90ste herdenkingsjaar van Afrikaans en terselfdertyd die WAT te ondersteun.

Die WAT dokumenteer die Afrikaanse woordeskat in sy wydste omvang en is die grootste projek ooit rondom Afrikaans. Dit benodig fondse om hierdie groot taak voort te sit en enigeen kan ‘n woord eksklusief vir R5,000, of indien nie eksklusief nie, vir so min as R100 borg.

Vir meer besonderhede en besonderhede om ‘n woord te borg, skakel die Buro van die WAT by 021-887-3113 of besoek die webtuiste www.wat.co.za

Media verklaring

Esmarie Prinsloo: Mediaskakeling Afriforum

Esmarie Prinsloo

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

COMING HOME TO YOURSELF

COMING HOME TO YOURSELF

At the heart of all these conversations lies a single truth.

Ready for Adoption - Meet Benso

Ready for Adoption - Meet Benso

Benso is a sweet male dog, about 2 years old, and he is now ready to find his forever home.

BARC Animal Welfare
Daily Blog: 25 June 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

Daily Blog: 25 June 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

A successful day on the water with plenty of marine life to keep us company at the dive site! 

Finding Clarity in Life: What Do You Truly Want?

Finding Clarity in Life: What Do You Truly Want?

As awareness grows, something interesting begins to happen.

Generator Hire in Gansbaai: Reliable Power When You Need It Most

Generator Hire in Gansbaai: Reliable Power When You Need It Most

Power interruptions can bring work to a standstill, disrupt events, and create costly delays. 

Coastal Hire Gansbaai
Creating Opportunities for Youth

Creating Opportunities for Youth

Today's update from Grootbos Foundation is from the Employability Team...

Grootbos Foundation
See All Articles