Die waarde van Hulpwerkers

Die waarde van Hulpwerkers

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

 “Ons roeping as Christene begin presies daar waar ons is. Hoe goddeloos of hopeloos die omstandighede waarin ons ons bevind, ook al is. Die mense, die plek en die tyd word deur Christus gekies en geheilig. Dis óns, óns plek en óns tyd,” lui ‘n gedeelte uit prof Dirkie Smit se boek (die hoofstuk oor Roeping) wat deur ds Dirk van Dyk voorgelees is.

Die geleentheid was die jaarlikse geselligheid wat die NG-gemeente vir alle Hulpwerkers reël en is ook deur dr Bobo van Zyl en enkele Kerkraadslede bygewoon. Ds Dirk het Eff 4:12, wat handel oor die verskeidenheid van gawes aan gelowiges, aan die groep voorgehou. In die boekvoorlesing word die kostelike staaltjie vertel van die man wat by die kus met vakansie was. In kort kom dit daarop neer dat hy met sy kinders wou gaan visvang. Die winkelier het hom meegedeel dat daar wel vis is, maar nie “nou” nie - eers Oktobermaand. Die man is strand toe en vind toe wel ‘n man wat probeer visvang, maar niks regkry nie. Hy vertel toe wat die winkelier gesê het. Die man sê toe dat hy weet daar sal eers in Oktober vis wees, “maar ek is nóú hier en daarom vang ek nóú vis.” Prof Dirkie skryf dat die woorde, “maar ek is nóú hier”, net sowel die titel van ‘n boek oor die Protestantse etiek kan wees, “daarom begin die Christelike lewe by die roeping, die vocatio, die ek-is-nou-hier.”

Daaruit het ds Dirk dit aan die groep duidelik gemaak dat mense nie hul lewens moet omwens wanneer omstandighede moeilik raak nie, of wens dat hulle iemand anders was of elders in beter tye was nie, “want óns is nóú híér!” Dr Bobo het die volgende bygevoeg: “Om in die Kerk te werk, is om verhouding te bou en dit is ‘n langtermynprojek.”

Na verdere gesprekvoeringe deur ds Dirk met die groep Hulpwerkers, is daar gesellig met die geniet van smaaklike verversings saamgekuier.

Hardus Botha

Die waarde van Hulpwerkers

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Stunning Deep-Sky Astrophotography: Nebulae and Galaxies

Stunning Deep-Sky Astrophotography: Nebulae and Galaxies

With the Moon out of the way and weather improving somewhat, there was a few hours gap last night for collecting a few photons.

Under the Microscope: Must Love Ants!

Under the Microscope: Must Love Ants!

Meet Paramixogaster acantholepidis, a rare hoverfly with a fascinating connection to ants. 

Grootbos Foundation
From Fresh Eggs to Chicken Manure

From Fresh Eggs to Chicken Manure

Update from the Entrepreneurship Programme: This is Phakama, who sells freshly laid eggs in Pearly Beach.

Grootbos Foundation
Why You Don't Need to Explain Yourself When You Say No

Why You Don't Need to Explain Yourself When You Say No

You never validate YES. Why do you want to validate NO?

Daily Blog: 29 September 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

Daily Blog: 29 September 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

What an amazing day out at sea with multiple Bronze whaler sharks, southern right whales and Cape fur seals! 

A Little Candlelight Goes a Long Way

A Little Candlelight Goes a Long Way

A little warmth for your home.

See All Articles