Rachels Angels se groot Markdag

Rachels Angels se groot Markdag

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Die vorige drie jaar was daar gereeld oor die Rachel’s Angels projek by Academia geskryf. Die Rachel’s Angels is ‘n program wat ontwikkel is om leerders wat uitstaan in akademie te mentor deur die Universiteit van Stellenbosch en Media 24. In die twee jaar program sal hulle deelneem aan gestruktueerde werkswinkels, onderwerpe soos studietegnieke leer, bou van ‘n gesonde selfbeeld, entrepreneurs vaardighede ontwikkel en sosiale en kampus besoeke deur die jaar. Na die twee jaar sal die wat akademies baat gevind het by die projek ‘n volle beurs om verder te studeer ontvang. Vanjaar se “Engeltjies” is Chandri Bekker, Lindi van der Walt, Jenica Conradie, Marelieze Harmse, Shamima Brett en die haan onder die henne, Malcolm Mulope. Die leerders het alreeds ‘n entrepeneurskamp bygewoon in Februarie en ‘n sosiale markdag beplannings werkswinkel in Maart.

Die Rachel’s Angels program is daar gestel om jong mense te bemagtig en is ‘n inisiatief van Media 24 en is hoofsaaklik in die Weskaap bedrywig. Hulle doel is om leerders holisties te ontwikkel met hul bydrae op akademiese gebied en sosiale en emosionele ontwikkeling.  

Elke tweede jaar hou die Angels ‘n groot markdag om entrepeneurskap te ontwikkel en fondse in te samel. Vanjaar het die groot eer om die markdag aan te bied Academia te beurt geval. Die markdag vind plaas op Saterdag 16 Mei op die Gansbaasi sportgronde.  ‘n Verdere doel met die opwindende dag is om die gemeenskap te betrek. Stalletjies met handgemaakte artikels wat deur die Angels van sowat 20 skole gemaak is sal te koop wees, kinderaktiwiteite soos springkastele, optredes deur bekende kunstenaars en glansmense soos mej Suid-Afrika sal ook die dag bywoon. Daar word sowat 20 skole van oor die Weskaap verwag wat aan die markdag gaan deelneem.

Van die eregaste wat verwag word is Prof.Rachel Jafta, voorsitter van Media 24 en Rachel’s Angels Trust, Trustees van die Rachel’s Angels Trust, Direkteure, bestuur en werknemers van Media 24 en Naspers, Bestuur van die Universiteit van Stellenbosch, Besture van die WKOD, Prinsipale en leerkragte van 20 skole en plaaslike skole, Zolani Mbeki Foundation, Mej Suid-Afrika, Mej Earth Suid-Afrika en kunstenaars Beatenberg, London, Tribal Echo, Hemelbesem, Kim Cloete en Charles Tertiens. Christo van der Rheede CEO van AHI sal een van gassprekers wees.

Die verrigtinge begin om 10:00 tot 16:00 op die sportgronde. Ingangsfooi is R 20,00 vir volwassenes, R 10,00 vir kinders en kinders jonger as  ses wat deur ‘n volwassene begelei word sal gratis toegang kry.

Liezel Mostert

Rachels Angels se groot Markdag

Liezel Mostert

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

6 Days to Christmas: It is Your Day - Your family

6 Days to Christmas: It is Your Day - Your family

Give every family permission to enjoy the day or morning with their respective families.

5 Days to Christmas: A Mini Thanksgiving

5 Days to Christmas: A Mini Thanksgiving

As you sit around the fire tonight, or the dining table, take some time to recall the family.

Pearly Beach Holiday Waste Collection

Pearly Beach Holiday Waste Collection

The Pearly Beach Drop-off will be open for four Wednesdays, namely 17, 24 and 31 December, as well as 7 January. 

Holiday Fun at Masakhane Hub

Holiday Fun at Masakhane Hub

The Masakhane Hub has been filled with colour, creativity and laughter this week...

Grootbos Foundation
Transform Your Home for the Holidays

Transform Your Home for the Holidays

Wilkoo Marketing Paint Distributors stocks Prominent Paints SA.

Doggobone Bone Broth for Dogs and Cats

Doggobone Bone Broth for Dogs and Cats

Give your dog or cat the natural boost they deserve!

The Pet Grocer
See All Articles