Leer GOD ken uit sy Woord

Leer GOD ken uit sy Woord

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

“Die hele Skrif is deur GOD geïnspireer en het groot waarde om in die waarheid te onderrig, dwaling te bestry, verkeerdhede reg te stel en 'n regte lewenswyse te kweek, sodat die man wat in diens van GOD staan, volkome voorberei en toegerus sal wees vir elke goeie werk.” (2Tim 3:16,17) 

Alle gelowiges het die begeerte om GOD beter te leer ken. So baie keer sê ons: “As ek net één keer GOD kan sien of ervaar soos Hy werklik is.”  Daar is baie maniere om GOD te leer ken: Soos wanneer jy langs ons mooi strande loop en in verwondering staan oor hóé mooi die natuur is; wanneer jy soms in jou lewe ’n diep stilte en intense vrede ervaar – dan is jy baie naby aan GOD; daar kom kere wanneer jy meegevoer word deur lofprysing en jy in elke lied wat gesing word, GOD beleef; min dinge bring jou so naby aan GOD soos gebed in jou binnekamer;  Jy ervaar GOD ook wanneer iemand ’n getuienis lewer oor wat met hom of haar gebeur het;  Ja, ons hoor van wonderwerke en dan weet ons: GOD is teenwoordig en in beheer! 

Tog is dit die Bybel, as Woord van GOD, wat ons beste manier is om GOD te leer ken. Ons lees die Bybel en al het GOD nie die Bybel met Sy eie hand geskryf nie, weet ons dat dit wat die sowat 40 skrywers van die 66 boeke van die Bybel geskryf het, regtig deur die Heilige Gees geïnspireer is. Weet jy hoe weet jy dit? As jy ’n deel in die Bybel lees en jy voel op daardie oomblik asof dit GOD is wat persoonlik met jou praat – dit noem ons die geïnspireerde Woord!

Die Bybel beskryf die wil van GOD baie duidelik. GOD wil hê jy moet weet dat jy as sondaar  besig is om in die diepsee te verdrink! Maar GOD gooi Sy reddingsboei, Jesus Christus, na jou en skreeu: “Hou vas, Ek wil jou red!” Dis die beste nuus wat enige gelowige op aarde van GOD kan hoor! GOD het my lief en wil my red! Hier is ’n paar riglyne wat jy kan volg om GOD beter te leer ken as jy die Bybel lees:

Lees dit stadig en gereeld sodat jy verstandig en voorspoedig kan wees. (Psalm 1:1-3)

Glo dit om veilig te wees. Beoefen dit om heilig te wees.

(1 Tess. 4:3; Lev. 20:7)

Dit bevat lig wat jou sal lei; (Ps. 119:105) voedsel om jou te onderhou (Joh. 6:55) en troos om jou op te beur. (Ps. 94:19; Mat. 11:28-30)

Christus is die belangrikste onderwerp; (1Kor. 1:18,23; 15:14;) ons redding die doelstelling en die eer van GOD die mikpunt. (Fil. 2:11)

Lees die Woord biddend. (Ef. 6:18) GOD is deur Sy Gees gereed om jou lewe te verlig en jou te laat deel aan Sy grootheid. Onthou altyd: Jy is spesiaal en GOD het jou lief! Só sê die Woord van GOD! (Jes. 43:4)

Leer GOD ken uit sy Woord

Ds Deon Kloppers

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

6 Days to Christmas: It is Your Day - Your family

6 Days to Christmas: It is Your Day - Your family

Give every family permission to enjoy the day or morning with their respective families.

5 Days to Christmas: A Mini Thanksgiving

5 Days to Christmas: A Mini Thanksgiving

As you sit around the fire tonight, or the dining table, take some time to recall the family.

Pearly Beach Holiday Waste Collection

Pearly Beach Holiday Waste Collection

The Pearly Beach Drop-off will be open for four Wednesdays, namely 17, 24 and 31 December, as well as 7 January. 

Holiday Fun at Masakhane Hub

Holiday Fun at Masakhane Hub

The Masakhane Hub has been filled with colour, creativity and laughter this week...

Grootbos Foundation
Transform Your Home for the Holidays

Transform Your Home for the Holidays

Wilkoo Marketing Paint Distributors stocks Prominent Paints SA.

Doggobone Bone Broth for Dogs and Cats

Doggobone Bone Broth for Dogs and Cats

Give your dog or cat the natural boost they deserve!

The Pet Grocer
See All Articles