Galjoen / snoek

Galjoen / snoek

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Daar was jare terug geen beperking op die grootte en selfs die aantal galjoen gevang nie. Ek vra lesers om hierdie rubriek in konteks te lees en die herinneringe saam te geniet. Onthou dat ons daardie jare geen benul gehad het hoe ons vangste die toekoms sou beinvloed nie, en miskien was dit onkunde maar ons het nie eers daaraan gedink nie  --  moet ons nie vreeslik kwalik neem nie, die baie vis is gevang sonder kwaadwilligheid.

Ons het baie jare in Blouberg gaan vang en menige aande is op die strand deurgebring. Die sloepie is vooraf uitgesoek en ons het sommer ‘n gat in die sand gegrawe en wanneer die vis nie byt nie, heel aangenaam daar geslaap. Vir my is die galjoen daar, groter en witter as enige ander vangplek én die lewendigste  --  van my lekkerste hengeldae.

Nou kom ons by Stilbaai, Puntjie en Blombos. Ek weet dat baie van ons plaaslike hengelaars nog steeds daar gaan vang, maar ek twyfel of omstandighede nog dieselfde is. Ek en my oorlede pa het gereeld op Blombos gaan vang en ek wil graag vertel wat een keer gebeur het  Ons het saam ‘n streepsak (amper) vol galjoen gevang en daar is mos daardie vreeslike steil bult om uit te klim. My pa se woorde aan my: “Nee wat, ek is nou klaar met hengel, vat maar alles vir jou”.Toe ek met die allemintige sak vis uiteindelik bo uitkom na ’n vreeslike gesukkel om  die kruin te bereik het my pa  heel gerieflik bo gesit met ‘n koffie in die hand en, het hy gesê, “Gooi maar my galjoen hier eenkant!” Ek het maar so gemaak en dit wys net dat wysheid (syne!) met ouderdom kom.

Op Puntjie het ons by Bakkies en sy vrou gaan kuier en wat my altyd sal bybly is die vreeslike vet galjoene wat ons daar gevang het. Jy moes die ekstra vet eers met ‘n koppie afskep (ek oordryf nie) en dan was daar genoeg onder die pensvel om ‘n lui kool ewigdurend te laat vlam. Ons het  die vuurtjie tussen die rietbulhuisies gemaak en met die see hier langs jou en met die aand wat begin nader staan, rustig gekyk hoe die groot rooster sukkel om die galjoen wat oral uitpeul in toom te hou. Met ‘n vriendelike biertjie in die hand, wat meer wil jy hê?

Op Stilbaai, met my skoonouers wat ‘n plaas daar besit het, het ek van my beste dae beleef. Dit was weer Bakkies wat saam met my see toe is vir daai groot galjoene. Op Blouberg was die norm, ‘n stok van 10 voet en ‘n 1.o-hoekie. Ideaal vir daar, maar toe Bakkies my hengeltoerusting sien moes ek hoor, “Nou wat wil jy met daardie hoekies vang?” Ek het my hoeke vervang met grotes wat gegrens het aan klein kabeljouhoeke. En dankie tog, daai ou grotes hardloop weg met jou!

Spasie is die probleem, ons kan nog sommer lank en lekker gesels.

Groot snoek het weer buite Gansbaaihawe uitgeslaan, hoewel nie in groot getalle nie. Ek dink dis die baie ansjovis wat nou gevang word wat hiervoor verantwoordelik is, maar ook dat die snoek dikgevreet is en daarom nou nie behoorlik wil byt nie. Saterdag het dit maar so-so gegaan en Maandag ietsie beter, kom ons kyk wat die res van die week lewer.

Groete, Seemeeu

Galjoen / snoek

Seemeeu

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

6 Days to Christmas: It is Your Day - Your family

6 Days to Christmas: It is Your Day - Your family

Give every family permission to enjoy the day or morning with their respective families.

5 Days to Christmas: A Mini Thanksgiving

5 Days to Christmas: A Mini Thanksgiving

As you sit around the fire tonight, or the dining table, take some time to recall the family.

Pearly Beach Holiday Waste Collection

Pearly Beach Holiday Waste Collection

The Pearly Beach Drop-off will be open for four Wednesdays, namely 17, 24 and 31 December, as well as 7 January. 

Holiday Fun at Masakhane Hub

Holiday Fun at Masakhane Hub

The Masakhane Hub has been filled with colour, creativity and laughter this week...

Grootbos Foundation
Transform Your Home for the Holidays

Transform Your Home for the Holidays

Wilkoo Marketing Paint Distributors stocks Prominent Paints SA.

Doggobone Bone Broth for Dogs and Cats

Doggobone Bone Broth for Dogs and Cats

Give your dog or cat the natural boost they deserve!

The Pet Grocer
See All Articles