Geniet die reis! God is in beheer!

Geniet die reis! God is in beheer!

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

“So sê die HERE, jou Verlosser, die Heilige van Israel: Ek is die HERE jou GOD wat jou onderrig tot jou beswil, wat jou lei op die pad waarop jy moet gaan.” (Jes. 48:17)

Raak jy nie soms ook moeg in jou pogings om GOD te help om jou te kry waar jy gedink het jy moet wees nie? Jy is só bekommerd oor wat nog alles kan verkeerd loop dat jy lankal nie meer jou lewensreis geniet nie. Geen wonder die mens van ons dag is só lewensmoeg nie!

Onthou jy nog die dae toe jy as kind sommer net in die motor geklim het as julle iewers heen gery het? Dalk was dit vir ’n lekker vakansie. Pa en ma het alles gereël en al die kos en klere ingepak. Ja, dalk moes jy sorg vir jou eie tas maar ma het altyd kom seker maak jy het alles in jou tas gepak wat jy moes. Die feit is dat die belangrikste dinge deur pa en ma gereël is. Die motor was vol brandstof, die bande gepomp en die reisplan is presies uitgewerk. Jy as kind moes net inklim en saamry om die lekkerte geniet!

Wel, ek glo dat GOD ook dieselfde doen as hemelse Pa. Hy is in beheer van ons lewensreis en Hy weet waarheen ons op pad is. Ons is Sy kinders en ons moet net in die motor spring. Hy bestuur en Hy sal ons veilig na ons bestemming lei. Ek en jy sit op die agterste sitplek terwyl Hy as Pa die motor bestuur. Moet asseblief nie probeer om Hom voor te skryf hoe Hy moet ry of watter pad Hy moet kies nie! Jy sou dit tog nie as kind teenoor jou pa of ma gedoen het nie. Geniet jou voorreg as kind om net te mag saamry.

Ek het geleer dat hoe meer ek aan GOD oorgee en toelaat dat Hy in beheer bly, hoe meer geniet ek elke dag dit wat ek doen. Leer om Hom meer en meer te loof vir alles wat op jou pad gebeur, al is dit nie altyd vir jou verstaanbaar nie. Hy is die Almagtige GOD met ontsagwekkende krag en wysheid. Hy wil jou soms nuwe dinge leer en nuwe plekke wys.  “GOD is ryk in goedheid, verdraagsaamheid en geduld! Sê dit vir jou niks nie? Besef jy nie dat GOD jou deur sy goedheid tot bekering wil lei nie?” (Rom 2:4) Ja, bely weer vir ’n slag jou afhanklikheid van Hom wat jou lewe bestuur. Sê vir GOD dankie vir waar jy bly, watter werk jy kan doen en wat met jou gebeur. Geniet die mooi van die natuur om jou, die voorreg van jou gesondheid en die mense wat GOD op jou pad bring.

Hierdie is jou lewensreis, jong! Geniet dit! GOD is in beheer! Hy hou die stuurwiel vas!

Geniet die reis! God is in beheer!

Ds Deon Kloppers

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

6 Days to Christmas: It is Your Day - Your family

6 Days to Christmas: It is Your Day - Your family

Give every family permission to enjoy the day or morning with their respective families.

5 Days to Christmas: A Mini Thanksgiving

5 Days to Christmas: A Mini Thanksgiving

As you sit around the fire tonight, or the dining table, take some time to recall the family.

Pearly Beach Holiday Waste Collection

Pearly Beach Holiday Waste Collection

The Pearly Beach Drop-off will be open for four Wednesdays, namely 17, 24 and 31 December, as well as 7 January. 

Holiday Fun at Masakhane Hub

Holiday Fun at Masakhane Hub

The Masakhane Hub has been filled with colour, creativity and laughter this week...

Grootbos Foundation
Transform Your Home for the Holidays

Transform Your Home for the Holidays

Wilkoo Marketing Paint Distributors stocks Prominent Paints SA.

Doggobone Bone Broth for Dogs and Cats

Doggobone Bone Broth for Dogs and Cats

Give your dog or cat the natural boost they deserve!

The Pet Grocer
See All Articles