Snoekmalligheid

Snoekmalligheid

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Dis nie die beste manier om daarna te verwys nie maar soos wanneer geelbek, kabeljou of geelstert aan die loop gaan, is dit nou die tyd om alles uit te haal om jou snoek te vang.

Daar is baie bote wat kan spog met ordentlike vangste maar ook baie keer droëbek terug huis toe. In alle regverdigheid, dis mooi vis en boonop in ‘n goeie kondisie. Die probleem is egter dat die een dag jy nie baie ver hoef te gaan soek nie en goeie vangste amper vanselfsprekend is, die volgende dag daar wyd gesoek moet word. Wat hierdie vangery so interessant maak is die baie maniere waarop hulle aangekeer kan word. Indien hulle aan die loop raak is ‘n blink hoek met geen aas daaraan nie, genoeg om die boot vol te maak terwyl dit ander tye ‘n bedrewe hengelaar kos om sukses te behaal.

Baie maal is die blote teenwoordigheid van die vis nie genoegsaam om ‘n snoek aan die lyn te kry nie en dis dan wanneer die ou wat sy storie ken die een na die ander intrek terwyl ander ouens eenvoudig net kan kyk en hoop. Dit en die opwinding van ‘n groot snoek aan die lyn is juis wat manne so “snoekmal” maak! Rofweg is die area waar vir snoek gehengel word, vanaf die Eiland tot by die Punt. Dan word gewoonlik van Kleinbaaihawe gebruik gemaak. Die vis lê gewoonlik baie diep maar sal ook somtyds vlakker beweeg. Die ander area is, ook vanaf die Punt tot ongeveer Dassiegat, en dan is dit Gansbaaihawe se beurt.

Dit is interessant om op die volgende te let: Daar is ‘n verskeidenheid van vis wat gevang kan word indien daar vanaf Kleinbaai gehengel word en indien die snoek nie die dag byt nie, is dit ‘n welkom teiken. Indien jy by Dassiegat vir jou snoek moet soek is jou kanse skraler vir ander vis, tensy jy natuurlik tussen die riwwe of bamboes wil probeer.

In so ‘n geval is jou kanse nie so goed om daardie wille wragtags raak te loop nie.

Oor die naweek het die vis so aan die loop gegaan dat parkeerplek by tye onbekombaar was by Kleinbaai, en toe die vis op ‘n slag versit Gansbaai toe het dit daar ook maar woes gegaan. Daar is egter net een manier om self ‘n vis aan die lyn te kry en dis om self te probeer. Indien jy iemand ken wat jou sal vertel waar (en miskien hóé) ag jouself gelukkig, maar verseker dat jou inligting betroubaar is. Anders is dit maar ‘n kwessie van twee en twee bymekaar tel, en hoop dit maak vier. Maandag het dit weer swak gegaan…..

(Maak ‘n plan voor die mannetjies die wyfies kom haal!)

Groete, Seemeeu

Snoekmalligheid

Seemeeu

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

6 Days to Christmas: It is Your Day - Your family

6 Days to Christmas: It is Your Day - Your family

Give every family permission to enjoy the day or morning with their respective families.

5 Days to Christmas: A Mini Thanksgiving

5 Days to Christmas: A Mini Thanksgiving

As you sit around the fire tonight, or the dining table, take some time to recall the family.

Pearly Beach Holiday Waste Collection

Pearly Beach Holiday Waste Collection

The Pearly Beach Drop-off will be open for four Wednesdays, namely 17, 24 and 31 December, as well as 7 January. 

Holiday Fun at Masakhane Hub

Holiday Fun at Masakhane Hub

The Masakhane Hub has been filled with colour, creativity and laughter this week...

Grootbos Foundation
Transform Your Home for the Holidays

Transform Your Home for the Holidays

Wilkoo Marketing Paint Distributors stocks Prominent Paints SA.

Doggobone Bone Broth for Dogs and Cats

Doggobone Bone Broth for Dogs and Cats

Give your dog or cat the natural boost they deserve!

The Pet Grocer
See All Articles