Kom in en deel in my vreugde

Kom in en deel in my vreugde

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

“Die een wat vyf goue muntstukke ontvang het, kom toe en bring die ander vyf saam, en sê: ‘Meneer, vyf goue muntstukke het u aan my toevertrou. Hier is dit met vyf ander wat ek wins gemaak het.’ Toe sê sy eienaar vir hom: ‘Mooi so! Jy is 'n goeie en getroue slaaf. Oor min was jy getrou, oor baie sal ek jou aanstel. Kom in en deel in my vreugde!’ (Mat 25:20,21)

Hoe wonderlik sal dit darem nie wees om eendag voor GOD te staan en hierdie woorde te hoor nie: “Kom in en deel in my vreugde!” Ek wil hê jy moet net vir ’n oomblik stilstaan en jouself afvra: “Sien ek werklik uit daarna om in GOD se hemelse koninkryk in te gaan?” Of anders gestel: Besef jy werklik watter groot vreugde en seëninge daar vir jou wag in die hemel?” “Maar soos daar geskrywe staan: “Wat die oog nie gesien en die oor nie gehoor het nie,” en wat in die hart van 'n mens nie opgekom het nie, dit het GOD gereed gemaak vir dié wat Hom lief het” (1Kor. 2:9) 

Dit was vir Jesus baie belangrik dat ons moes besig bly om ons voor te berei vir die hemel eendag dat hy die gelykenis van die muntstukke (of talente) in Matteus 25 gegee het. Hy wou hê ons moes weet dat wat ons elke dag doen met ons gawes, of talente, deur GOD raakgesien word en ook eendag beloon gaan word. Ons kan nie net maar soos die slaaf wat een muntstuk ontvang het, dit gaan begrawe en hoop dat GOD sal verstaan nie. Ons moet regtig ons eie unieke gawes of talente ontwikkel en gebruik tot eer van GOD.

As jy iemand is wat kan help waar ander mense swaarkry, moet jy nie jou muntstuk vir jouself hou nie, maar só aanwend dat ander daaruit voordeel kan trek. Miskien is dit jou sterk punt om mense wat moedeloos of hartseer is, te bemoedig en by te staan – dan moet jy toelaat dat die Heilige Gees jou na sulke mense toe lei en dáár doen wat goed is. As jy werklik vir mense omgee en iets aan hulle nood wil doen, mag jy nie ophou bid vir sulke mense nie. Gebed is seker een van die talente wat die meeste van ons gekry het – nie om ons eie selfsugtige begeertes te bevredig nie, maar om vir ander mense te bid. Gebruik hierdie gawe van jou baie versigtig. Het jy geweet dat vriendelikheid een van die besonderse gawes wat GOD se kinders ontvang het? Miskien moet jy net weer oplet hoe mense se gemoedstoestand verander as jy met hulle vriendelik is.

Vra die Heilige Gees om jou te wys wat jou talente is en begin om dit in GOD se koninkryk hier op aarde te gebruik. Moet asseblief nie jou gawes in die grond begrawe of wegsteek nie. Jy wil mos eendag ook die woorde hoor:  “Kom in en deel in my vreugde!”

Kom in en deel in my vreugde

Ds Deon Kloppers

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

6 Days to Christmas: It is Your Day - Your family

6 Days to Christmas: It is Your Day - Your family

Give every family permission to enjoy the day or morning with their respective families.

5 Days to Christmas: A Mini Thanksgiving

5 Days to Christmas: A Mini Thanksgiving

As you sit around the fire tonight, or the dining table, take some time to recall the family.

Pearly Beach Holiday Waste Collection

Pearly Beach Holiday Waste Collection

The Pearly Beach Drop-off will be open for four Wednesdays, namely 17, 24 and 31 December, as well as 7 January. 

Holiday Fun at Masakhane Hub

Holiday Fun at Masakhane Hub

The Masakhane Hub has been filled with colour, creativity and laughter this week...

Grootbos Foundation
Transform Your Home for the Holidays

Transform Your Home for the Holidays

Wilkoo Marketing Paint Distributors stocks Prominent Paints SA.

Doggobone Bone Broth for Dogs and Cats

Doggobone Bone Broth for Dogs and Cats

Give your dog or cat the natural boost they deserve!

The Pet Grocer
See All Articles