Herinneringe

Herinneringe

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Daar is besluit om met tussenposes rubrieke wat geskryf is oor van die Hardebaarde weer te plaas.

Indien nie, is die kans daar dat die wysheid wat hulle deel verlore kan gaan. Somtyds sal gevind word dat selfs hulle sieninge van mekaar kan verskil, maar dit beteken nie dat die feite verkeerd is nie. Elkeen het mos maar sy eie idee oor wat vir hom beter werk maar hulle ondervinding en raad sal altyd van krag bly en daarom is dit so waardevol. Van hierdie Hardebaarde is nie meer met ons nie en ek is net dankbaar dat ons  wel die voorreg gehad het om dit te dokumenteer. Die bydrae sal egter nie gaan oor die persoon nie, maar oor sy kennis. Daar sal dus nie verwys word, wanneer dit dalk nodig blyk te wees, na oorlede so en so nie. Wees asb. verseker dat al die Hardebaarde (veral die wat nie meer met ons is nie) altyd ons hoogste agting sal geniet. Hou asb. in gedagte dat hierdie Hardebaard-artikels baie jare terug verskyn het en sommige verwysings en feite vandag dalk anders daar sal uitsien.

Ons begin vandag met Jan van  Deventer.

Jan van Deventer (Jan Tand), skipper van Hamerkop maak wel gebruik van ‘n GPS maar kan net sowel daarsonder. Lees hoe beskryf hy die ligging van Kopsteen: Draai regs na jy Gansbaaihawe verlaat totdat Gansbaai se afloop teen die berg (Willie Swart se plaas) oplyn met die twee oorheersende dennebome. Die kerktoring moet regoor ‘n huis wees wat ‘n baie helder groen dak het.

Die Vlagpaal weer, by Dyerseiland word bepaal deur Buffelsjachs se afloop op te lyn met die Clyde se groot rots. Dan moet die vlagpaal op die eiland gesentreer word tussen die twee eilandhuise.

Jan vertel ook hoe jy die veilige gedeelte van Kleinbaaihawe kan bereik. Wanneer jy deur die poort is, gaan bietjie na regs (bamboes en Black Sophie) se kant toe. Die water is daar vir rukkies stil. Met die terugkomslag is dit somtyds veiliger om deur die sloepie te beweeg  --  lyn die groterige klip wat strand se kant van Black Sophie lê op met die hoë bome voor die huis waar die pad elmboog maak.

Draai dan skerp links sodra jy die hoofpoort bereik. Somtyds is hierdie sloepie ook die beste opsie met die uitgaanslag aangesien jy die branders reg van voor kry. Oppas net, ons weet almal dat jy maar die branders moet dophou hier.

Hy meen ook dat die geelbekmark dikwels swak is as gevolg van die vis wat in ander streke in warmer water gevang word en meestal in ‘n swakker kondisie is. Die vis “lê ook gou deur”. Dit word dan hierheen aangery. Hy staaf sy argument deur te meld dat sardyn wat in warmer water (hier by ons) aangekeer word ook maar sleg daar uitsien.

Dankie vir die wyshede, Jan. Seemeeu

Herinneringe

Seemeeu

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

6 Days to Christmas: It is Your Day - Your family

6 Days to Christmas: It is Your Day - Your family

Give every family permission to enjoy the day or morning with their respective families.

5 Days to Christmas: A Mini Thanksgiving

5 Days to Christmas: A Mini Thanksgiving

As you sit around the fire tonight, or the dining table, take some time to recall the family.

Pearly Beach Holiday Waste Collection

Pearly Beach Holiday Waste Collection

The Pearly Beach Drop-off will be open for four Wednesdays, namely 17, 24 and 31 December, as well as 7 January. 

Holiday Fun at Masakhane Hub

Holiday Fun at Masakhane Hub

The Masakhane Hub has been filled with colour, creativity and laughter this week...

Grootbos Foundation
Transform Your Home for the Holidays

Transform Your Home for the Holidays

Wilkoo Marketing Paint Distributors stocks Prominent Paints SA.

Doggobone Bone Broth for Dogs and Cats

Doggobone Bone Broth for Dogs and Cats

Give your dog or cat the natural boost they deserve!

The Pet Grocer
See All Articles