Kabeljou, stokvis en die baie lyne

Kabeljou, stokvis en die baie lyne

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Die goeie nuus was die kabeljou en selfs stokvis wat vir ‘n dag of twee hier by ons uitgeslaan het en mooi vis is aangekeer. Dalk vroeë tekens van ‘n goeie seisoen wat voorlê?

Hoeveel lyne moet jy gebruik op ‘n boot? Miskien nie so ‘n intelligente vraag nie want sekerlik word daar by elke boot aanpassings gemaak en ‘n man sal mos net soveel lyne as nodig gebruik. Maar ek dink die saak kort ‘n verduideliking of twee.

Ek gaan myself as voorbeeld neem en dit sal duidelik word waarom. My gewoonte is om met minstens twee en somtyds selfs meer lyne te hengel. Die rede is om te eksperimenteer op watter vlak en aan watter aas die vis beter gaan byt. Al die lyne word verskillend opgemaak en sal ook elkeen op ‘n ander vlak lê. Die idee is dan wanneer die een lyn begin resultate toon ek dan slegs daardie spesifieke lyn sal gebruik. Dit, vir my is tyd bespaar en effektief wees. Somtyds sal ek selfs van ‘n vierde lyntjie gebruik maak, byv. wanneer daar aasvis soos harders of maasbankers om die boot is. Nou ja, sover vir die teorie.

Die praktyk is egter nie so eenvoudig nie. Hier moet ek my bemanning om verskoning vra omdat dit somtyds ‘n las vir hulle is. Gelukkig het nog nie een van hulle my probeer skiet of iets dergeliks nie. (Amper soos jy neig om te wil doen met ‘n lastige rob of oorywerige seevoël!) Almal weet natuurlik hoe irriterend dit kan wees wanneer jou lyne deurmekaar loop. 

Niemand het lus vir truie brei op die water nie. En wanneer dit toegeskryf kan word aan ekstra lyne in die water is die ergernis soveel meer. Moet darem ook sê dat hoewel ek skuldig is aan hierdie oortreding sal ek nogtans let op iets soos seestrome en dan wanneer dit te erg is slegs van een lyn gebruik maak.

Heeltemal ongevoelig is ek darem nie en daar is mos ‘n doel waarom ek so maak. Maar die doel heilig nie altyd die middele nie en weer eens, skuus, manne (en ‘n dame of twee).

Dis amper somertyd en dan praat ons weer van kabeljou naby die wal, geelbek en sulke goeters! 

Groete, Seemeeu

Kabeljou, stokvis en die baie lyne

Seemeeu

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

6 Days to Christmas: It is Your Day - Your family

6 Days to Christmas: It is Your Day - Your family

Give every family permission to enjoy the day or morning with their respective families.

5 Days to Christmas: A Mini Thanksgiving

5 Days to Christmas: A Mini Thanksgiving

As you sit around the fire tonight, or the dining table, take some time to recall the family.

Pearly Beach Holiday Waste Collection

Pearly Beach Holiday Waste Collection

The Pearly Beach Drop-off will be open for four Wednesdays, namely 17, 24 and 31 December, as well as 7 January. 

Holiday Fun at Masakhane Hub

Holiday Fun at Masakhane Hub

The Masakhane Hub has been filled with colour, creativity and laughter this week...

Grootbos Foundation
Transform Your Home for the Holidays

Transform Your Home for the Holidays

Wilkoo Marketing Paint Distributors stocks Prominent Paints SA.

Doggobone Bone Broth for Dogs and Cats

Doggobone Bone Broth for Dogs and Cats

Give your dog or cat the natural boost they deserve!

The Pet Grocer
See All Articles