STANFORD WYNROETE BEKENDGESTEL

STANFORD WYNROETE BEKENDGESTEL

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Die Stanford Wynroete is onlangs bekendgestel en het daarmee die titel van Suid-Afrika se 21ste wynroete verwerf.

Om en by 2007 het die groep kelders in die Stanford omgewing die Stanford Wine Growers Association gevorm. Die motief was om mekaar beter te leer ken, ‘n poging aan te wend om hul wyne gesamentlik te bemark en om wingerdboukundige-, wynmaak- en ander relevante bestuursinligting uit te ruil.

“Die gedagte om ‘n wynroete te vestig was nog altyd deel van ons langtermynstrategie en alhoewel dit effens langer geneem het as wat beplan is, is ons regtig in ons noppies dat die legkaart se stukke uiteindelik in plekgeval het,” sê voorsitter Tariro Masayiti van Springfontein. “Ons is ook bitter dankbaar teenoor die Overstrand Munisipaliteit vir hul finansiële bystand hiermee,” het Masayiti bygevoeg.

Stanford lê baie na aan Afrika se mees suidelike punt wat dit een van Suid-Afrika se koelste wynproduserende streke maak. Die heersende sterk koel winde tydens die somer veroorsaak dat die rypwordingseisoen van die wingerde lank en koel is. "Hierdie is natuurlik die ideale toestande vir die produksie van wyne van hoë kwaliteit wat toekennings inpalm," meen Masayiti.

Die dorpie Stanford is sowat 25 km vanaf Hermanus en bevind hom binne die baie gewilde Cape Whale Coast Route. Hierdie dorpie met sy sterk Viktoriaanse invloed wat op die walle van die Kleinrivier lê, word deur baie gesien as ‘n onontdekte juweel. Met slegs 150 km tussen Kaapstad en Stanford is dit egter vinnig besig om in ‘n gewilde bestemming vir ‘n naweek se wegbreek te verander. Daar is ‘n wye verskeidenheid plekke wat akkommodasie bied en die omgewing bied baie om te verken en te beleef.

Die roete is relatief klein met slegs agt lede op hierdie stadium. Al agt is dit egter eens dat uitbreiding onafwendbaar is omdat Stanford se unieke terroir beslis nuwe entrepreneurs gaan lok, terwyl bestaande produsente reeds aangedui het dat hul wil deel wees van hierdie nuwe onderneming.

Die lede is:

Misty Mountains Landgoed - Dit is die eerste kelder vanaf Hermanus op die R43.

Springfontein - Hierdie landgoed lê suid, aan die teenoorgestelde kant van die Kleinrivier.

Sir Robert Stanford Landgoed - Om en by een kilometers voor die dorpie Stanford en ook op die R43 is hierdie landgoed te vinde.

Stanford Hills - Dit is ‘n plaas wat deur Peter en Jami Kastner besit word en  is ‘n klipgooi van Sir Robert Stanford.

Walker Bay Vineyards - Dit is ‘n boetiekwynlandgoed wat letterlik om die draai en net buite die dorp Stanford is. Dit is ook die tuiste van die Birkenhead Brouery.

Vaalvlei - Dit is die kleinste produsent op die roete met ‘n piepkleine 3 hektaar onder wingerd.

Raka - ‘n Rit met die R362 verder op in die vallei, bring ‘n mens by hierdie plaas, wat deur die Dreyer-familie besit word.

Boschrivier - Knap neffens Raka is hierdie ‘n plaas wat aan Dr Theodore (Ficky) de Villiers behoort.

Stanford Wynroete

STANFORD WYNROETE BEKENDGESTEL

Stanford Wynroete

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

6 Days to Christmas: It is Your Day - Your family

6 Days to Christmas: It is Your Day - Your family

Give every family permission to enjoy the day or morning with their respective families.

5 Days to Christmas: A Mini Thanksgiving

5 Days to Christmas: A Mini Thanksgiving

As you sit around the fire tonight, or the dining table, take some time to recall the family.

Pearly Beach Holiday Waste Collection

Pearly Beach Holiday Waste Collection

The Pearly Beach Drop-off will be open for four Wednesdays, namely 17, 24 and 31 December, as well as 7 January. 

Holiday Fun at Masakhane Hub

Holiday Fun at Masakhane Hub

The Masakhane Hub has been filled with colour, creativity and laughter this week...

Grootbos Foundation
Transform Your Home for the Holidays

Transform Your Home for the Holidays

Wilkoo Marketing Paint Distributors stocks Prominent Paints SA.

Doggobone Bone Broth for Dogs and Cats

Doggobone Bone Broth for Dogs and Cats

Give your dog or cat the natural boost they deserve!

The Pet Grocer
See All Articles