Jami-Lee - Jong Sjef van die Jaar 2015

Jami-Lee - Jong Sjef van die Jaar 2015

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Jami-Lee Saunders (22), ‘n junior sjef van Grootbos Foundation, is onlangs as “Jong Sjef van die Jaar 2015” aangewys - en dit sonder enige formele opleiding óf kwalifikasies.

Hierdie is die derde Gala-jaar waartydens sjefs van die jaar vir toekennings in aanmerking kom, maar dit is die eerste jaar waarby “jong sjefs” ingesluit was - en hierdie jong dame stap in die 1ste plek met die toekenning, ‘n trofee en ‘n sertifikaat weg! Sowat 75 groot en top-restaurante word jaarliks vir hierdie toekenings geselekteer. Ingesluit by die toekenning is ook ‘n wonderlike oorsese geleentheid vir haar. Jami-Lee word volgende jaar na Duitsland, Frankryk en Switserland gestuur om ‘n tydperk se kosbare ondervinding in ‘n top-restaurant in elk van hierdie lande op te doen.

Jamie-Lee is op 16 Junie 1993 gebore, maar is sedert sewe-jarige ouderdom ‘n Gansbaaier, nadat haar ouers, Kelly en Glenda Saunders van Tableview hierheen verhuis het. “Toe ons hierheen verhuis het, kon ek nie ‘n woord Afrikaans verstaan of praat nie, maar ek moes dit vinnig aanleer,” vertel Jamie-Lee. Sy deurloop haar laerskooljare in Laerskool Gansbaai, waarna sy haar matriek in 2011 aan die Overberg Hoërskool (koshuis) in Caledon verwerf. Jami-Lee het ná skool sowat 2 jaar in Florida spandeer. Grootbos Foundation het haar ‘n skrale 2 jaar gelede in diens geneem en haar die geleentheid gebied om as beginner-sjef vir hulle te werk. Tans is sy hulle “Commi Pastry” sjef.

“In kort beteken dit ek fokus op verleidelike soetgoedjies,” vertel sy met ‘n skalkse glimlag. “Dit is so dat ek oor geen formele opleiding of  kwalifikasies beskik nie, maar alles wat ek weet, het ek by my fantastiese senior sjefs hier by Grootbos geleer.” Sy bedank graag elkeen van hulle, maar veral die Bestuurder/Hoofsjef, Ben Conradie vir die groot geleentheid vir deeglike opleiding en ervaring wat sy deurloop het. “Alhoewel my passie in voedsel geleë is, is ek baie, baie lief vir diertjies en my blyplek is vol daarvan!”         

Hardus Botha

Jami-Lee - Jong Sjef van die Jaar 2015

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

6 Days to Christmas: It is Your Day - Your family

6 Days to Christmas: It is Your Day - Your family

Give every family permission to enjoy the day or morning with their respective families.

5 Days to Christmas: A Mini Thanksgiving

5 Days to Christmas: A Mini Thanksgiving

As you sit around the fire tonight, or the dining table, take some time to recall the family.

Pearly Beach Holiday Waste Collection

Pearly Beach Holiday Waste Collection

The Pearly Beach Drop-off will be open for four Wednesdays, namely 17, 24 and 31 December, as well as 7 January. 

Holiday Fun at Masakhane Hub

Holiday Fun at Masakhane Hub

The Masakhane Hub has been filled with colour, creativity and laughter this week...

Grootbos Foundation
Transform Your Home for the Holidays

Transform Your Home for the Holidays

Wilkoo Marketing Paint Distributors stocks Prominent Paints SA.

Doggobone Bone Broth for Dogs and Cats

Doggobone Bone Broth for Dogs and Cats

Give your dog or cat the natural boost they deserve!

The Pet Grocer
See All Articles