Wonderwerke in Prag en Praal

Wonderwerke in Prag en Praal

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Die uitstalling van ‘n jaarlikse Bybelse tema in die kerkgebou van die NG-gemeente, Stanford met fynbos en blomme, was weer eens ‘n reuse sukses en verruklik mooi. Vanjaar se tema was die “Wonderwerke van Jesus” wat van links na regs om die binnekant van die kerkgebou uitgebeeld is, ingesluit die preekstoel. Jesus se wonderwerke is in twee verdeel: Wonderwerke in Bybelse tyd en Wonderwerke in vandag se tyd. Wat ‘n belewenis was dit nie om die dames (met manne-hulp tussendeur) se handewerk te bewonder nie. ‘n Groot span dames, opgedeel in kleiner spanne vir die onderskeie afdelings, onder leiding van Carol Lötter (skryf van die tema en organisatoriese reëlings) en Melody Schweyer as regterhand, is beloon met welverdiende satisfaksie en komplimente ná vele harde werk.

Die volledige uitbeeldings in hul onderskeie afdelings was: Jesus is met ons tot die voleinding van die wêreld; Mag van Jesus; Maak seun gesond; Laat blindes sien; Loop op die see; Maak storm stil; Kies ons as sy getuies; Genees melaatse; Opwekking van Lasarus; Lig van die wêreld; Sterf aan die kruis vir ons sondes; Hemelvaart; Wonderwerke in Stanford en in Suid-Afrika in ons daaglikse lewens. Die uitstalling eindig met Jesus wat steeds wonderwerke doen - wag net geduldig op Hom - met ‘n windpomp as voorbeeld: “Die windpomp gaan soek nie die wind nie…”

Die werkers aan die onderskeie afdelings wat sonder twyfel krediet verdien, is (alfabeties): Adanne Geldenhuys, Barbara Martin, Berry Els, Caroline Hayes, Cheryl Garrod, Chris en Amanda de Wit), Gansbaai (Anita Botha, Mariana van Rhyn en Jane Bailey), Gerda Benade, Grieta Swart, Ina van Zyl, Laerskool De Bron, Laerskool Okkie Smuts (Nadia van der Vyver), Rita de Preez, Susan Swart, United Church (Sandy Jardine, Sherlly Lourens en Mary Troost) en Wanja van der Walt. Die ingange, pilare, trappe en gallery is deur Stanford Munisipaliteit (Petronella Ferrera), Stanford VGK (Maureen Diedericks), Fienie Swart, Linden Morris, Elsabe Terblance, Carlien Dreyer, Jacqualine van Dyk en Pearl Gillman gedoen en die perkamentrolle deur Adanne Geldenhuys, met laaste, maar nie die minste, die kundige Carol Lötter en Melody Schweyer.

Die Gansbaaiers sê hulle voel bevoorreg dat hulle vanjaar deel van die uitstalling kon wees met hulle: “Jesus het opgevaar na die hemel om vir my plek voor te berei”. Die pragtige skildery van Jesus se hemelvaart wat in hierdie uitbeelding uitgestal en gebruik is, is deur Caroline Hayes geskilder. Die Interkerklike “Prys- en Aanbiddingsdiens” is goed bygewoon en is op ‘n insiggewende wyse deur ds Neil Ollewagen aangebied. Dan het die gemeente ook ‘n suksesvolle en gesellige basaar gedurende die Saterdag gehou.

Hardus Botha

Wonderwerke in Prag en Praal

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

6 Days to Christmas: It is Your Day - Your family

6 Days to Christmas: It is Your Day - Your family

Give every family permission to enjoy the day or morning with their respective families.

5 Days to Christmas: A Mini Thanksgiving

5 Days to Christmas: A Mini Thanksgiving

As you sit around the fire tonight, or the dining table, take some time to recall the family.

Pearly Beach Holiday Waste Collection

Pearly Beach Holiday Waste Collection

The Pearly Beach Drop-off will be open for four Wednesdays, namely 17, 24 and 31 December, as well as 7 January. 

Holiday Fun at Masakhane Hub

Holiday Fun at Masakhane Hub

The Masakhane Hub has been filled with colour, creativity and laughter this week...

Grootbos Foundation
Transform Your Home for the Holidays

Transform Your Home for the Holidays

Wilkoo Marketing Paint Distributors stocks Prominent Paints SA.

Doggobone Bone Broth for Dogs and Cats

Doggobone Bone Broth for Dogs and Cats

Give your dog or cat the natural boost they deserve!

The Pet Grocer
See All Articles