O, die seën van DANKBAARHEID!

O, die seën van DANKBAARHEID!

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

“Dank GOD die Vader altyd oor alles in die Naam van ons HERE Jesus Christus.” (Efes. 5:20) “Laat ons dan onophoudelik deur Jesus aan GOD 'n offer van lof bring, dié lof wat aan Hom gebring word deur die lippe wat sy Naam bely.” (Heb 13:15)

Dit lyk vir my daar is party mense wat gebore word met ’n suur en nors gesig. Het jy al gesien hoe moeilik is dit om hulle te laat glimlag of ’n loflied te laat sing? Dis ook baie moeilik om saam met súlke mense te werk en te leef.

Hulle tap jou energie sommer baie maklik. Niks is ooit reg of goed vir hulle nie. Maar as jy aan Jesus Christus behoort is dit ’n opdrag dat jy ’n dankbare hart moet kweek. As jy Hebreërs 13:15 weer lees sal jy agterkom dat iemand wat Jesus se Naam met sy lippe bely onophoudelik aan GOD ’n offer van lof (dank) moet bring! Anders moet jy dit aanleer sodat jy werklik die vrug en die seën van ’n dankbare hart kan ervaar.

Die voordeel van blydskap en dankbaarheid is dat dit in jou binneste ’n bron van sterkte en krag skep wat aansteeklik is, nie net vir jou nie, maar ook vir die mense wat met jou in aanraking kom. Christene is gedurig besig om GOD te loof en te prys vir alles wat in en rondom hulle gebeur. En dit is aansteeklik! Die kuns van dankbaarheid is om te weet dat alles wat goed en mooi en reg is, van GOD kom. (Jak. 1;17) Ja, die beste deel  is vir jou afgemeet. Begin om dit raak te sien en daarvoor dankie te sê.

Dit is regtig lekker om met blymoedige en dankbare mense te doen te kry. Let ’n bietjie hoe baie dinge mense regkry wat opgeruimd en dankbaar lewe. Alles wat hulle aanpak is vir hulle ’n plesier en hulle is ook meestal suksesvol in alles. Hulle resep? DANKBAARHEID!

Dalk kan jy ook ’n bietjie gaan stilstaan en tel hoeveel dinge daar rondom jou is waarvoor jy dankbaar kan wees. Sien die klein dingetjies raak soos brood op jou tafel, blomme in jou tuin, oë om hierdie artikel  te lees en mense wat jou lief het. GOD gee regtig vir jou elke dag wat jy nodig het. Leer om dit raak te sien en daarvoor dankie te sê.

Baie van ons sal nooit weer enige medisyne nodig hê as ons kan leer om GOD te loof en prys vir elke klein dingetjie in ons lewe nie. Dis die beste medisyne vir enige swaarkry of mismoedigheid wat op jou pad kan kom. Probeer dit en ontdek GOD se seën op ’n lewe van dankbaarheid.

O, die seën van DANKBAARHEID!

Ds Deon Kloppers

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

6 Days to Christmas: It is Your Day - Your family

6 Days to Christmas: It is Your Day - Your family

Give every family permission to enjoy the day or morning with their respective families.

5 Days to Christmas: A Mini Thanksgiving

5 Days to Christmas: A Mini Thanksgiving

As you sit around the fire tonight, or the dining table, take some time to recall the family.

Pearly Beach Holiday Waste Collection

Pearly Beach Holiday Waste Collection

The Pearly Beach Drop-off will be open for four Wednesdays, namely 17, 24 and 31 December, as well as 7 January. 

Holiday Fun at Masakhane Hub

Holiday Fun at Masakhane Hub

The Masakhane Hub has been filled with colour, creativity and laughter this week...

Grootbos Foundation
Transform Your Home for the Holidays

Transform Your Home for the Holidays

Wilkoo Marketing Paint Distributors stocks Prominent Paints SA.

Doggobone Bone Broth for Dogs and Cats

Doggobone Bone Broth for Dogs and Cats

Give your dog or cat the natural boost they deserve!

The Pet Grocer
See All Articles