Profiel Hettie Lass

Profiel Hettie Lass

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Die fikse en bedrywige Hester Florina (Hettie) Lass (87) is op 4 Julie 1928 op ‘n plaas naby Carletonville, Wes-Gauteng gebore, waar sy ook grootgeword het. Vir haar hoërskooljare bevind sy haarself in Potchefstrrom, waar sy in 1946 aan Hoër Volkskool Potchefstroom matrikuleer. Daarna verwerf Hettie haar Onderwys Diploma in 1949 aan die Potchefstroomse Onderwys Kollege.

In 1952 tree Hettie in die huwelik met Victor, wat sowat 22 jaar later in 1993 oorlede is. Twee seuns, Heinrich (56) van Pretoria en Victor (52) van Kaapstad is uit die huwelik gebore, asook twee dogters, wyle Estra wat sowat 19 jaar gelede oorlede is en Elsa (60) wat saam met haar eggenoot, dr Nic du Plessis in Kanada woon. Hettie is die trotse ouma van 9 kleinkinders en oumagrootjie van 8 agterkleinkinders. Hettie het in Carletonville, Vrystaat en die destydse Transvaal onderwys gee, totdat sy in 1990, sowat 25 jaar gelede afgetree het. Elsa en Nic het etlike jare gelede in die huis langs Hettie gewoon.

Nic het oorspronklik dr Marina Barnard se spreekkamers destyds in ‘n huis begin, met wyle dr Jacobie Fourie wat later bygekom het. Hulle het haar omgepraat om in De Kelders by hulle te kom woon, waarna sy haar woning sowat 20 jaar gelede laat bou het. “Hulle het later na Kanada verhuis, maar ek het besluit ek bly net hier,” sê Hettie. Hierdie uiters beskeie, maar bedrywige dame het in haar hoërskool- en kollege-jare aan Provinsiale hokkie en -atletiek (hekkies en naellope) deelgeneem.

Vandag is sy 87 jaar jonk (absoluut!), woon selfversorgend in haar huis en is so gesond soos ‘n vis in die water. Van stilsit is daar by Hettie nie sprake nie. Sy is vir die afgelope ±16 jaar by Franskraal Rolbalklub betrokke, met nie minder nie as 10 silwer- en 9 goue medaljes wat in haar huis teen die muur pryk, met die laaste goue medale in 2015. Ook op kwiltgebied woeker Hettie al vir die afgelope ±10 jaar saam met haar vriendin, Olga Swanepoel se Wacky Whalers Kwilters. Hettie, haar dogter en nog ‘n vriendin is die oorspronklike stigters van die bekende Gansbaai Seniorklub. Hettie leef as ‘n dankbare mens teenoor haar Skepper en geniet hierdie kosbare en gesonde tyd wat haar gegun word voluit.           

Hardus Botha

Profiel Hettie Lass

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

6 Days to Christmas: It is Your Day - Your family

6 Days to Christmas: It is Your Day - Your family

Give every family permission to enjoy the day or morning with their respective families.

5 Days to Christmas: A Mini Thanksgiving

5 Days to Christmas: A Mini Thanksgiving

As you sit around the fire tonight, or the dining table, take some time to recall the family.

Pearly Beach Holiday Waste Collection

Pearly Beach Holiday Waste Collection

The Pearly Beach Drop-off will be open for four Wednesdays, namely 17, 24 and 31 December, as well as 7 January. 

Holiday Fun at Masakhane Hub

Holiday Fun at Masakhane Hub

The Masakhane Hub has been filled with colour, creativity and laughter this week...

Grootbos Foundation
Transform Your Home for the Holidays

Transform Your Home for the Holidays

Wilkoo Marketing Paint Distributors stocks Prominent Paints SA.

Doggobone Bone Broth for Dogs and Cats

Doggobone Bone Broth for Dogs and Cats

Give your dog or cat the natural boost they deserve!

The Pet Grocer
See All Articles