Ken die Here my?

Ken die Here my?

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

”Dan sal Ek openlik vir hulle sê: Ek het julle nooit geken nie. Gaan weg van My af, julle wat die wet van GOD oortree.”  (Mat. 7:23)

Dis ‘n vreemde vraag, nê? “Ken die HERE my?” Moet die vraag nie eerder wees: “Ken ek die HERE nie?” Jesus vra tog die vraag aan Sy dissipels: “Ek is al so lank by julle,en ken jy My nie, Filippus?” (Joh. 14:9) Maar vandag wil ek Jesus se ontstellende opmerkings in die Bergpredikasie aan jou stel:

Nie elkeen wat vir My sê: ‘HERE, HERE’ sal in die koninkryk van die hemel ingaan nie, maar net hy wat die wil doen van my Vader wat in die hemel is. Baie sal daardie dag vir My sê: ‘HERE, HERE, het ons dan nie in u Naam gepreek nie, deur u Naam bose geeste uitgedryf en deur u Naam baie wonders gedoen nie?’  Dan sal Ek openlik vir hulle sê: Ek het julle nooit geken nie. Gaan weg van My af, julle wat die wet van GOD oortree.” (Mat. 7:21-23)

Kan jy die woord “Baie” in hierdie gedeelte raaklees? “Baie sal daardie dag vir My sê: “HERE,

HERE...het ons dan nie in U Naam.....” Daar is baie mense wat dink hulle saak met GOD is reg, maar dit is nie só nie. As ons sê dat ons glo in Hom, moet ons lewe immers daarvan getuig. Ons moet dit wys in die vrugte wat ons dra. Twee verse terug, In Matteus 7:19 sê Jesus: “'n Goeie boom kan tog nie slegte vrugte dra nie, en 'n slegte boom nie goeie vrugte nie. Elke boom wat nie goeie vrugte dra nie, word uitgekap en in die vuur gegooi.” Jesus wil ons waarsku: Luister na GOD se Woord, doen wat my Vader van julle vra en Hy sal julle die dag met die finale oordeel, KEN!

Natuurlik ken GOD alle mense, Hy het hulle immers geskape, dan nie? Maar hierdie “ken” verwys na GOD wat jou as Sy kind wil ken, een wat aan Hom gehoorsaam is en na Sy Woorde luister en vrugte dra wat by jou bekering pas. Sjoe! Dit klink nou anders as wat ons dit vir so baie jare in die kerke en skole geleer het! Nee, dit is nuwe woorde of leerstellings nie. Dit staan nog altyd in GOD se Woord. Ons moet dit net weer hoor. Te veel sogenaamde gelowige Christene is lou in hulle geloofslewe. Geen entoesiasme, geen ware vrugte en ’n ligsinnige leefwyse gaan maak dat GOD jou eendag kan uitspoeg omdat jy nie warm is nie! (Lees Openbaring 3:15,16) As jy sê jy is ’n kind van GOD, dan moet dit ook elke dag in jou dade sigbaar wees. (Jak. 1:22, 2:14,17) As jou geloof nie sigbaar word in jou daaglikse lewe (woorde en dade) nie, dan kan jy verseker weet: GOD ken jou nie! 

Dis só maklik om op die regte pad te begin loop. GOD , die Heilige Gees, wil nou daar in jou hart werk en jou help om jou hele lewe aan Hom oor te gee. Doen dit biddend, lees meer en meer uit GOD se Woord en laat die Gees jou in alles lei. Dan sal jy ook vrugte dra!

Ken die Here my?

Ds Deon Kloppers

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

6 Days to Christmas: It is Your Day - Your family

6 Days to Christmas: It is Your Day - Your family

Give every family permission to enjoy the day or morning with their respective families.

5 Days to Christmas: A Mini Thanksgiving

5 Days to Christmas: A Mini Thanksgiving

As you sit around the fire tonight, or the dining table, take some time to recall the family.

Pearly Beach Holiday Waste Collection

Pearly Beach Holiday Waste Collection

The Pearly Beach Drop-off will be open for four Wednesdays, namely 17, 24 and 31 December, as well as 7 January. 

Holiday Fun at Masakhane Hub

Holiday Fun at Masakhane Hub

The Masakhane Hub has been filled with colour, creativity and laughter this week...

Grootbos Foundation
Transform Your Home for the Holidays

Transform Your Home for the Holidays

Wilkoo Marketing Paint Distributors stocks Prominent Paints SA.

Doggobone Bone Broth for Dogs and Cats

Doggobone Bone Broth for Dogs and Cats

Give your dog or cat the natural boost they deserve!

The Pet Grocer
See All Articles