Skipjack, geelstert, kreef en dames

Skipjack, geelstert, kreef en dames

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Geelstert en skipjacks is die goeie nuus! Dis wat velede week agter die Eiland aangekeer is. Dis nou te sê indien my inligting korrek is. Wat wel waar is is dat daar nie ‘n oorvloed was nie. Dit bly egter iets wat nie te versmaai is nie en hoekom kan dit nie weer gebeur nie? Die groot geheim is nog steeds dat jy daar moet wees om te deel in die vangs.

Met die aanbreek van die kreefseisoen die 15e van hierdie maand was die water nie ideaal nie en die manne wat besluit het dat dit nie die moeite loon om ‘n kreefpermit uit te neem nie moes gedink het die besluit was geregverdig. Daar is nog 18 dae oor en die kanse daar dat nog dae ongeskik gaan wees. Hierdie jaar is die kreefseisoen weer verkort en dis die sportduiker wat dit moet ontgeld. Dit bly egter ‘n voorreg om kreef uit te haal. Dis seker elkeen se keuse om te besluit of dit steeds die moeite werd is.

Nou die dames. Ek het die voorreg gehad om as deel van my “crew” ‘n dame of twee te hê. Wanneer jou bemanning vir ‘n tydperk slegs uit manne bestaan is dit nogal ‘n aanpassing om ‘n vrou deel daarvan te maak. Ek het egter nog nooit spyt gehad nie. Soos Naas Botha sê  --  kom ons wees eerlik! ‘n Man is ‘n man en ‘n vrou is ‘n vrou en as daar ‘n nood is word met die nodige respek aangepas en probleme oorkom. Baiemaal is dit juis die dame wat op die dag beter vaar en met van hul eienaardighede jou die loef afsteek. Goed soos ankertrek is nie ‘n vreeslike probleem nie en normaalweg word hulle kwytgeskeld hiervan. Daar is wel sekere goed waarop ek aandring. Een daarvan is wanneer enigeen ‘n vis vang, wie dit ookal is, daardie persoon self verantwoordelik is om die vis die boot in te bring en belangrik, die nek te breek. Daar word eers so bietjie skuins geloer maar wanneer daardie snoek op die dek beland is daar niemand trotser nie. En moenie volgende keer probeer inmeng nie! Dis vir my bietjie eienaardig dat die dames gewoonlik van ‘n lappie of handskoen gebruik maak om ‘n slymerige vis te hanteer, maar dis dalk beter, of hoe? Wat hengeltegniek betref staan hulle vir niemand terug nie en dit wys in die resultate. Daar word self met die aas gewerk, hoeke aangesit en planne gemaak.

O ja, gooi jou baadjie sommer so op ‘n plek en outomaties word hy opgevou!!

Maar dit gaan mos rof op die boot? Nee wat, elkeen van hulle kon so ver ‘n grap saam met die manne maak, maar juis omdat ons ‘n lekker klomp saam is en mekaar respekteer is daar altyd ‘n perk wat nie oorskry word nie.

Nee wat, daar’s nie fout met die dames nie.

Groete, Seemeeu

Skipjack, geelstert, kreef en dames

Seemeeu

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

6 Days to Christmas: It is Your Day - Your family

6 Days to Christmas: It is Your Day - Your family

Give every family permission to enjoy the day or morning with their respective families.

5 Days to Christmas: A Mini Thanksgiving

5 Days to Christmas: A Mini Thanksgiving

As you sit around the fire tonight, or the dining table, take some time to recall the family.

Pearly Beach Holiday Waste Collection

Pearly Beach Holiday Waste Collection

The Pearly Beach Drop-off will be open for four Wednesdays, namely 17, 24 and 31 December, as well as 7 January. 

Holiday Fun at Masakhane Hub

Holiday Fun at Masakhane Hub

The Masakhane Hub has been filled with colour, creativity and laughter this week...

Grootbos Foundation
Transform Your Home for the Holidays

Transform Your Home for the Holidays

Wilkoo Marketing Paint Distributors stocks Prominent Paints SA.

Doggobone Bone Broth for Dogs and Cats

Doggobone Bone Broth for Dogs and Cats

Give your dog or cat the natural boost they deserve!

The Pet Grocer
See All Articles