Ja! GOD is vir my!

Ja! GOD is vir my!

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Een van die mooiste en troosvolste teksverse sal jy in Sefanja 3:17 kry:

“Die HERE jou GOD is by jou, Hy, die krygsman wat red. Hy is vol vreugde oor jou, Hy is stil-tevrede in sy liefde. Hy jubel en juig oor jou.”

Hier aan die einde van die jaar begin ons almal voel ons kragte neem af. Ons is nie meer lus vir al die sleur en onnodige moeilikhede nie. En dan lees ek Sefanja 3:17 raak: GOD is BY my! Hy is VIR my! Dit is dieselfde boodskap wat die Engel aan Maria gegee het oor Jesus. Hulle sal Hom IMMANUEL noem, dit geteken GOD by ons, GOD vir ons!

GOD is vir my. Kyk na die kantlyn. Sien jy wie staan daar en jubel en juig oor jou? Dit is GOD wat jou aanmoedig!

Kyk verby die eindstreep – dis Hy wat vir jou naam skreeu om vinniger te hardloop! Kyk wie sit op die pawiljoen van die lewe en gee jou applous! Die HERE ons GOD! As jy te moeg is om aan te gaan, dra Hy jou. Wanneer jy nie meer kan veg nie – kyk wie veg in jou plek:

JAHWEH, die lewende GOD! Die Skepper van hemel en aarde is vir jou!

GOD is vir my.  As GOD ’n kalender gehad het, sou jou verjaardag omkring gewees het! As Hy ’n motor gery het sou jou naam op die buffer geplak wees! As daar ’n boom in die hemel is, sal jou naam op die bas uitgekerf wees! Maar daar is ’n boek van die lewe in die hemel waarin GOD jou naam spesiaal opgeskryf het! (Open. 3:5) “Ek het jou op jou naam geroep: Jy is Myne.” (Jes. 43:1)

GOD is vir my. Dit maak nie regtig saak wie of wat teen jou is nie, GOD self, is vir jou! Hy is die een wat aan jou kant is en wat vir jou baklei. (Lees weer Sefanja 3:17) Jou opponente het geen kans as GOD aan jou kant is nie. Die oorwinning is alreeds joune. (Rom. 8:37) Net jy sal die eerste prys kry by GOD. Ja, GOD is vir jou!

Die doel van hierdie lewe wat GOD jou geskenk het, is nie om sonder probleme en swaarkry te lewe nie, maar om tot Sy eer te lewe. Noudat jy weet dat GOD vir jou is, kan jy elke taak en saak aanpak met die wete: GOD is vir my, ek is in Sy Naam alreeds ’n oorwinnaar.  Jou pyn en swaarkry, jou moegheid en jou moedeloosheid, ja, alles wat jy ervaar is nou ’n geleentheid om te getuig: “Ek is tot alles in staat deur Hom wat my krag gee!” (Fil. 4:13) 

Ja, GOD is vir my!

Ja! GOD is vir my!

Ds Deon Kloppers

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

6 Days to Christmas: It is Your Day - Your family

6 Days to Christmas: It is Your Day - Your family

Give every family permission to enjoy the day or morning with their respective families.

5 Days to Christmas: A Mini Thanksgiving

5 Days to Christmas: A Mini Thanksgiving

As you sit around the fire tonight, or the dining table, take some time to recall the family.

Pearly Beach Holiday Waste Collection

Pearly Beach Holiday Waste Collection

The Pearly Beach Drop-off will be open for four Wednesdays, namely 17, 24 and 31 December, as well as 7 January. 

Holiday Fun at Masakhane Hub

Holiday Fun at Masakhane Hub

The Masakhane Hub has been filled with colour, creativity and laughter this week...

Grootbos Foundation
Transform Your Home for the Holidays

Transform Your Home for the Holidays

Wilkoo Marketing Paint Distributors stocks Prominent Paints SA.

Doggobone Bone Broth for Dogs and Cats

Doggobone Bone Broth for Dogs and Cats

Give your dog or cat the natural boost they deserve!

The Pet Grocer
See All Articles