Gesamentlike Nagmaal - 7 Streke

Gesamentlike Nagmaal - 7 Streke

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Die 6 streke van Gansbaai NG-Kerk in en om Gansbaai tot by Pearly Beach en Baardskeerdersbos, asook die VGK-gemeente in Blompark, wat as ‘n 7de streek gesien word, alhoewel hulle onafhanklik funksioneer, se jaarlikse gesamentlike Nagmaalsvieringe het onlangs in Gansbaai se kerkgebou plaasgevind. Die verrigtinge het begin met die aansteek van seremoniële kerse deur al 7 streke se verteenwoordigers. “Daar is ‘n spreekwoord wat lui: Jy kan jou vriende kies, maar nie jou familie nie,” het ds Dirk van Dyk sy boodskap begin. “As dit waar is van ‘n familie, dan is dit nog meer waar van die kerk in die sin dat ons nie kies wie saam met ons aan die kerk  behoort nie, maar dat dit die besluit van die Here is.”

Die tema van ds van Dyk se prediking het op eenheid gefokus. Ef 4:3-5: “Lê julle daarop toe om die eenheid wat die Gees tussen julle gesmee het, te handhaaf deur in vrede met mekaar te lewe. Daar is net één liggaam en net één Gees, soos daar net één hoop is waartoe God julle geroep het. Daar is net één Here, één geloof, één doop, één God en Vader van almal….

Ds van Dyk het ook gesê: “Die Heilige Gees voeg mense saam in die kerk en plaas hulle in ‘n verhouding met mekaar. Ons moet hierdie band wat deur die Gees gesmee is, bewaar en bevorder. Die eenheid tussen gelowiges lê hier in gebed in God se genadige verkiesing buite ons eie besluit.” Ds van Dyk het klem gelê op drie woorde wat hierdie gesindheid van eenheid handhaaf en bevorder: nederigheid, vriendelikheid en geduld, ingesluit die Liefde van 1 Kor 13 wat al drie hierdie woorde duidelik omskrywe.

Hardus Botha

Gesamentlike Nagmaal - 7 Streke

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

6 Days to Christmas: It is Your Day - Your family

6 Days to Christmas: It is Your Day - Your family

Give every family permission to enjoy the day or morning with their respective families.

5 Days to Christmas: A Mini Thanksgiving

5 Days to Christmas: A Mini Thanksgiving

As you sit around the fire tonight, or the dining table, take some time to recall the family.

Pearly Beach Holiday Waste Collection

Pearly Beach Holiday Waste Collection

The Pearly Beach Drop-off will be open for four Wednesdays, namely 17, 24 and 31 December, as well as 7 January. 

Holiday Fun at Masakhane Hub

Holiday Fun at Masakhane Hub

The Masakhane Hub has been filled with colour, creativity and laughter this week...

Grootbos Foundation
Transform Your Home for the Holidays

Transform Your Home for the Holidays

Wilkoo Marketing Paint Distributors stocks Prominent Paints SA.

Doggobone Bone Broth for Dogs and Cats

Doggobone Bone Broth for Dogs and Cats

Give your dog or cat the natural boost they deserve!

The Pet Grocer
See All Articles