Laaste klink van glasies

Laaste klink van glasies

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Dit was die laaste gesamentlike “klink van glasies” vir Gansbaai Wynproegilde vir 2015.

Die gilde het onlangs hul jaarafsluitings-funksie aan huis van Amanda de Vries gehou. Voorsitter Theuns Roodman het die verwelkoming behartig, met Daan Oosthuizen wat met gebed geopen het. Daan het ook die gilde se Finansiële Jaarstate vir bespreking deur die lede voorgehou. Die lede het hul tevredenheid uitgespreek, met waardering teenoor Daan.

Amanda de Vries is ook bedank vir haar volgehoue tref van reëlings vir elke byeenkoms.

Die gilde se jaargelde is onveranderd gelaat, naamlik R350/jaar en R700/jaar vir pare.

Ete-kostes vir 2016 bly ook onveranderd, naamlik R120/lid, met gaste wat R50 adissioneel vir die wynproe betaal.

Die 2015 bestuur is onbestrede vir 2016 herkies: Theuns Roodman (voorsitter), Amanda de Vries (organiseerder/admini-strasie), Daan Oosthuizen (tesourier), Hardus Botha (media) en Steve Donnely (lid).

“Die 2016-program sal vroeg in die jaar aan lede gestuur word, terwyl kennis nou reeds van Maartmaand se toer in die Robbertson-omgewing geneem kan word,” het Theuns gesê.

Daarna het die gesellige afsluiting van ‘n genotvolle 2015 begin, met Mornay en Charmain Fourie van Red Peper Catering wat vir ‘n smaaklike afsluitingsete verant-woordelik was: swartmossel sop, ‘n groot verskeidenheid van vingerete-borde (te veel om te kon opeet) en smaaklike nagereg. 

 ‘n Gelukstrekking is gehou en Tersia Coetzee het die gelukkige eienaar van 2 bottels wyn geword. Gansbaai Wynproegilde is op Dinsdag, 11 November 2008, sowat 7 jaar gelede deur wyle Helmie de Vries van Franskraal gestig en het oor die jare heen van krag tot krag gegroei. Helmie was ‘n afgetrede Algemene Bestuurder van Koelenhof Wynkelder, ‘n familieplaas net buite Stellenbosch en is op 16 Julie 2014 oorlede. 

Hardus Botha

Laaste klink van glasies

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Under the Microscope: Must Love Ants!

Under the Microscope: Must Love Ants!

Meet Paramixogaster acantholepidis, a rare hoverfly with a fascinating connection to ants. 

Grootbos Foundation
From Fresh Eggs to Chicken Manure

From Fresh Eggs to Chicken Manure

Update from the Entrepreneurship Programme: This is Phakama, who sells freshly laid eggs in Pearly Beach.

Grootbos Foundation
Why You Don't Need to Explain Yourself When You Say No

Why You Don't Need to Explain Yourself When You Say No

You never validate YES. Why do you want to validate NO?

Daily Blog: 29 September 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

Daily Blog: 29 September 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

What an amazing day out at sea with multiple Bronze whaler sharks, southern right whales and Cape fur seals! 

A Little Candlelight Goes a Long Way

A Little Candlelight Goes a Long Way

A little warmth for your home.

October is Breast Cancer Awareness Month

October is Breast Cancer Awareness Month

At Pam Golding Properties Gansbaai, we believe in building strong foundations in our homes...

See All Articles