Diploma’s vir Vroeëkindontwikkeling

Diploma’s vir Vroeëkindontwikkeling

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

“Die diplomaplegtigheid vir Vroeëkindontwikkelingstudente van die Overstrand, wat vanjaar deur die Klein Karoo Bronnesentrum opgelei is, het op 10 Desember 2015 vir die eerste keer op Hermanus plaasgevind,” vertel Mimi Laubscher (dosent) van Perlemoenbaai.

“Van die sowat 120 studente was 42 van Gansbaai en omgewing.” Die spreker tydens die diplomaplegtigheid was me Douse en sy het studente aangemoedig om lewenslange studente te wees. Sy het dit ook beklemtoon dat hulle bevoorregte studente en opvoeders is en dat hulle nou oor die nodige vaardighede en kennis beskik om hoë kwaliteit opvoeding aan elke kind te bied. Die Klein Karoo Bronnesentrum is ‘n geakkrediteerde opleidingsinstansie wat die SAQA geregistreerde VKO-kwalifikasies vir Vlak 4, Vlak 5 (Hoër Sertifikaat) en Vlak 5 (Nasionale Diploma) aanbied. Die fokus is nie alleen grondige kennis van kinderontwikkeling nie, maar dit spreek ook al die vaardighede aan wat deur die Kinderwet vereis word.

“Die opleiding sluit ook ‘n geregistreerde dagprogram in,” het Mimi gesê. “Die program is nie alleen van internasionale gehalte nie, maar die bypassende leermateriaal word ook gratis verskaf en die organisasie het dan ook al verskeie prestasietoekennings ontvang.” Al die diplomandi is verbonde aan voorskoolse sentrums waar hulle die program vir sowel voorskoolse kinders (0 - 4 jaar) as Gr R met groot sukses aanbied. Sy sê tevrede ouers gee daagliks terugvoering van hul kinders se positiewe ontwikkeling.

Die groep studente wil graag die volgende instansies en persone bedank: Klein Karoo Bronnesentrum en dr Adriana Laubscher vir hul onbaatsugtige betrokkendheid by hulle gemeenskap en die hoë gehalte van werk wat hulle lewer; past Frikkie Zeelie vir die beskikbaarstelling van die opleidingslokaal; Gansbaai Superspar vir die voorsiening van heerlike maaltye; Persone wat die vervoer van die studente gefinansier het; Christine van Wyk vir haar enorme rol wat sy speel. Voornemende studente kan 084-206-9566 skakel vir meer besonderhede.

Hardus Botha

Diploma’s vir Vroeëkindontwikkeling

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Under the Microscope: Must Love Ants!

Under the Microscope: Must Love Ants!

Meet Paramixogaster acantholepidis, a rare hoverfly with a fascinating connection to ants. 

Grootbos Foundation
From Fresh Eggs to Chicken Manure

From Fresh Eggs to Chicken Manure

Update from the Entrepreneurship Programme: This is Phakama, who sells freshly laid eggs in Pearly Beach.

Grootbos Foundation
Why You Don't Need to Explain Yourself When You Say No

Why You Don't Need to Explain Yourself When You Say No

You never validate YES. Why do you want to validate NO?

Daily Blog: 29 September 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

Daily Blog: 29 September 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

What an amazing day out at sea with multiple Bronze whaler sharks, southern right whales and Cape fur seals! 

A Little Candlelight Goes a Long Way

A Little Candlelight Goes a Long Way

A little warmth for your home.

October is Breast Cancer Awareness Month

October is Breast Cancer Awareness Month

At Pam Golding Properties Gansbaai, we believe in building strong foundations in our homes...

See All Articles