Silwerjare Dienssentrum
Wees gegroet in die Naam van onse Koning. Die jaar is bykans verby en namens myself en my span by Silwerjare Dienssentrum en Oak Grove Nasorgsentrum bedank ons alle individue, organisasies en besighede vir die vertroue wat in ons gestel is gedurende 2015, asook vir die wonderlike onder-steuning en borgskappe. Dit was nie altyd maklik nie, maar omdat God ons weë ken, het Hy ons paaie vir ons gelyk gemaak. Namens almal hier vertrou ons dat u ‘n Wonderlike Kersdag saam met u gesinne ervaar het, met ‘n baie Voorspoedige Nuwe Jaar vir u en u gesinne.
Magrieta Adams, (Bestuurder)