Sleutels en Slotte

Sleutels en Slotte

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

So min as wat mens jou ‘n windlose vakansie in Gansbaai kan voorstel, ewe min kan mens jou ‘n lewe sonder sleutels en slotte voorstel. Ek dink nou al drie dae lank  aan goed wat nie sluitmeganismes nodig het nie ; nie goete of goedere wat toegesluit moet word met ‘n ander ding se sluitmeganisme nie, maar ‘n item of artikel wat nie vir sy eie behoud afhanklik is van sleutel en slot nie. Ek kry darem ‘n paar:  die weerhaan bo-op die kerktoring, my ouma se stepping (“step-in”) en ‘n rol toiletpapier. (Wat ‘n konsternasie sal dit afgee as elke rol outomaties sou sluit sodra mens daaraan raak, veral met hierdie geil etery rondom Krismis en Nuwe Jaar.) Regtig! Alles moet slotte aanhê deesdae. Aardse besittings moet beveilig word, agter grendel en uit die oog asof dit gladnie bestaan nie. En steeds is mense so roekeloos om dit oop en bloot te laat rondlê vir enigeen om op te raap. Of, is ons vertroue so gewaan dat ons nog steeds dink diefstal gebeur net met ander mense? Dat daar net ingebreek word by hulle wat op die oog af welgesteld voorkom? Ons stap vanoggend langs Uilkraal of Franskraal – hoe jy dit ookal wil hê – se strand. Dis spring laaggety en terwyl mense in die branders baljaar lê hulle eiendom in hopies die hele strand vol, ‘n goeie tweehonderd meter van waar hulle is. Ek wonder maar net hoeveel selfone, ringe en horlosies tussen daardie hopies “versteek” is. Dit laat my onthou hoe ek desjare my ringe aan die dun halternekbandjies van my swembroek vasgemaak het op die einste Uikraalsmondse strand. 

Terwyl ek na die afkoel op die strand uitstap en voel of my ringe nog daar is, ontdek ek met groot ontsteltenis dat my swembroek se bo-rand bietjie baie deur die branders rondgeruk was – tot onder my een volronde C-cup. Gelukkig het die ringe nog aan die bandjie gebengel. Dit is vir my altyd so tragies om te hoor van vakansiegangers wat besteel word. Mense se waardevolle items word nou al met draadhake deur ‘n oop venster gesteel. Geen diefwering hou ‘n Rolex op ‘n bedkassie nie. En dis tog warm, ‘n mens wil die seeluggie oor jou voel spoel in die nag. Soveel te meer nog wanneer jy in ‘n karavaan en tent uitspan. Die element van vryheid in die natuur is sekerlik vir kampeerders die grootste motivering, maar dieselfde buurman met wie jy nuwe vriende gemaak het, se tienerseun en sy pelle kan eweneens avontuurlik begin raak wanneer jy en die buurman deur julle heeldagkuier neergefel word. Hoe sal jy weet? Dit voel vir my net nie regverdig en billik om vakansie te hou terwyl mens altyd paraat moet wees om nie ‘n gunstige scenario vir diewe te skep nie. Geen mens het die reg om ‘n ander se persoonlike spasie sonder toestemming te betree en vir homself regte toe te eien nie. Ongelukkig staan dit nie duidelik uiteengesit in die Grondwet of Handves van Menseregte nie. Die misdadiger kry die voordeel van versagting en jý word veroordeel omdat jy net ‘n bietjie loslittig wil wees en nie so streng gedissiplineerd wil leef soos tuis nie.  Buiten die skade van materiële verlies, slaan die emosionele skade harder. As ‘n volk het ons daaraan gewoond geraak om in vrees te leef. Die daaglikse, eenvoudige terreuraanvalle eis sy tol, want dit is wat dit is: terrorisme, om vrees in te boesem deur middel van intimidasie en misdadigheid. “Toemaar, hy sal jou niks aandoen nie, hy soek net waardevolle items soos selfone en horlosies.” 

Die woorde van ‘n lid van die beskermingsdienste aan iemand wat die nag wakker geword het met ‘n inbreker langs die bed. Onaanvaarbaar! Dis nie soos ek die Nuwe Jaar wil ingaan nie. Ek gaan al die slotte van negatiwiteit en vrees wegsmyt. Dan gaan  ek gaan die deure en vensters van my hart en my gedagtes oopgooi vir Geloof, Hoop en Vertoue om in te kom. Die tyd om deel te wees van ‘n bevreesde en wantrouige volk is geketting en geslot en in die buitenste duisternis gewerp.  Met my wapenrusting aan, swaard in die hand, gaan ek 2016 in om aan te val en nie te rittireer nie.  Kom jy saam?

Carine Badenhorst

Sleutels en Slotte

Carine Badenhorst

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

You Are Not Your Past

You Are Not Your Past

There is no shame in the pain you carry from your past.

Life Reflects You

Life Reflects You

Not to define you…

A Wild Start to the Day: Leopard Spotted

A Wild Start to the Day: Leopard Spotted

This morning, our reserve manager received an exciting camera trap alert of a leopard sighting. 

Grootbos Foundation
200+ Youth Apply for Life-Changing Opportunities

200+ Youth Apply for Life-Changing Opportunities

This week was full of excitement as Grootbos Foundation interviewed over 200 young people...

Grootbos Foundation
Sport Changing Lives in Gansbaai

Sport Changing Lives in Gansbaai

For some, Grootbos Foundation is best known for our work in conservation and in fynbos, but for a larger part of the community...

Grootbos Foundation
200+ Youth Apply for Grootbos Skills Programmes 2026

200+ Youth Apply for Grootbos Skills Programmes 2026

This week was full of excitement as Grootbos Foundation interviewed over 200 young people...

Grootbos Foundation
See All Articles