Daardie tyd, met Pilla

Daardie tyd, met Pilla

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Dit verskaf my groot genoegdoening om hierdie artikel (het verskyn in die Courant van 10-6-2005) oor dié ou Hardebaard, weer te publiseer.

Kyk na Hendrik (Pilla) Groenewald, en jy weet hoe lyk ‘n Hardebaard. En hy kan met gesag praat oor “die ou tyd”. Hoewel al etlike jare uit die aktiewe visvangery verkeer hy en sy vroutjie, Rita tans rustig in Gansbaai. Hy het egter nog belange in die bedryf en is steeds op hoogte van sake. Ook Rita onthou die tye toe sy saam see toe is en lewer kort-kort interessante kommentaar. Pilla voer jou terug na tye toe daar hard gewerk en so klink dit, lekker gekuier is. Ons gesels het ons teruggeneem na die jare lank voor 1930 toe hulle oor die weg moes kom met roeibote wat ook met seile toegerus was. Die bote is oorspronklik per ossewa vanaf die Kaap aangery en is mettertyd self gebou deur onder andere sy pa, Michiel, en ooms, Danie en Johannes Groenewald. Boorpunte het hulle gemaak van geelbekhoeke. Hy vertel dat die roeiers fiks gehou was deur resies te jaag met die bote en gevolglik uitgeblink het in rugby. (Dalk ‘n goeie idee met ons huidige Springbokspan). Die oopdekbote was 24   ---  26 voet, sê Pilla en dit het 4 tot 5 roeiers geverg om effektief te beweeg. Daardie tyd is nog bloedlyne gebruik en baiemaal is sommer twee keer see toe gegaan aangesien vis volop was. Die geelbek en snoek is eers droog gemaak en dan verkwansel. Die plus minus 25 bote het op die kaai gelê en is see in en weer terug gesleep deur van ronde melkhoutpale gebruik te maak. Hier teen 1930 is binneboordmasjiene in gebruik geneem. Pilla se pa het daardie tyd in omliggende baaitjies harders getrek deur die nette see in te dra en dan agter die harders “los te laat”. Dis ‘n toe-seën genoem, is slegs deur twee man bewerk en het geen sak gehad soos byvoorbeeld die treknette nie. Op ‘n stadium het ‘n rooi kano op die strand uitgespoel en is toe met ‘n perdekar na Gansbaaihawe gebring en later reggemaak. Sy pa het met hierdie boot vis gevang en het mettertyd ook begin om sy eie kano’s met die kenmerkende stomp neuse te bou. Die ribbes is gevorm van die melkhoutboom en van die ander hout is vanaf die Kaap verkry. Sy oom, Koen (Kano) Wessels, het graag met die rooi kano geroei, vandaar die bynaam. Die kano’s is oorspronklik geroei en hier teen 1947 is ligte motors ingespan. Die bote was baie betroubaar en vir twee man geskik. Voor die gebruik van die motors is gereeld geroei na Hermanus sowel as na die Eiland.

Gedurende een van die hardertreksessies by Frikkie se Baai (nou Franskraal) is onverwags kabeljou in die nette gekry, en toe is daar suksesvol op die geelbek en kabeljou jag gemaak. Die kano’s het baie gewild en gesog geraak. By Dirk Louwrens staan sekerlik die enigste kano in ons kontrei wat nog seevaardig is. Pilla onthou nog dat daar in die depressiejare een geelbek vir vier koejawels verruil is! Die vis is daardie jare (in teenstelling met vandag) met die kierie bygekom, en hoor nou hier  --  daar mag nie gefluit word nie, dit bring wind. Jy mag ook nie oor bobbejane gepraat het nie, want dit veroorsaak ‘n storm! Ons het nog lank gesels, maar spasie verhoed dat ek verder kan uitbrei. Dankie, Pilla vir die saamlewe.  Vandag is bogenoemde selfs meer interessant.

Groete, Seemeeu

Daardie tyd, met Pilla

Seemeeu

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Under the Microscope: Must Love Ants!

Under the Microscope: Must Love Ants!

Meet Paramixogaster acantholepidis, a rare hoverfly with a fascinating connection to ants. 

Grootbos Foundation
From Fresh Eggs to Chicken Manure

From Fresh Eggs to Chicken Manure

Update from the Entrepreneurship Programme: This is Phakama, who sells freshly laid eggs in Pearly Beach.

Grootbos Foundation
Why You Don't Need to Explain Yourself When You Say No

Why You Don't Need to Explain Yourself When You Say No

You never validate YES. Why do you want to validate NO?

Daily Blog: 29 September 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

Daily Blog: 29 September 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

What an amazing day out at sea with multiple Bronze whaler sharks, southern right whales and Cape fur seals! 

A Little Candlelight Goes a Long Way

A Little Candlelight Goes a Long Way

A little warmth for your home.

October is Breast Cancer Awareness Month

October is Breast Cancer Awareness Month

At Pam Golding Properties Gansbaai, we believe in building strong foundations in our homes...

See All Articles