Rare vis vir Gansbaai

Rare vis vir Gansbaai

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Hennie Groenewald (14), een van die Birkenhead Boothengelklub se juniors, het onlangs ‘n “rare” vis vir hierdie omgewing gevang. Die vis is aan die binnekant van die nuwe hawemuur met ‘n “spinner” (Lepelvormige metaal met ‘n hoek) as aas gevang en het 1.56kg geweeg.  Iemand het vir hom gesê dit is ‘n Greenspot Kingfish, maar dit is onomwonde as ‘n langvin-geelstert of longfin yellowtail (Seriola rivoliana) geïdentifiseer.

Gansbaai Courant het by gesoute hengelaars navraag oor die korrekte spesienaam gedoen. Albert Potgieter se boek, Gids tot Algemene Seevisse van Suider Afrika (Rudi van der Els) het die uitkenning maklik gemaak. Bevestigende antwoorde dat dit nie ‘n Kingfish-spesie is nie, is ook van Phillip Fourie (Voorsitter: Birkenhead Boothengelklub) en Philip Fourie (Kaptein: Pearly Beach Rots- en Strandhengelklub) ontvang (baie dankie!).

“Hierdie vis kom eintlik slegs vanaf  Knysna Noordwaarts voor, maar met die buitengewone warm water wat onlangs ervaar is, is dit heel moontlik dat dit by uitsondering in ons area kon voorkom,” het Phillip (Birkenhead) gesê. “Dit staan soms bekend as ‘n ‘Almaco Jack’ en is nie ‘n Kingfish nie, aangesien alle Kingfish-spesies prominente dubbel rugvinne het.” Dit is ook deur Philip (Pearly Beach) bevestig. Dit is ook bevestig dat die langvin-geelstert met spinners (lepelvormige metaalkunsaas) gevang word en dit is ook waarmee Hennie sy “rare” vis gevang het.

Opgesomde inligting oor die langvin-geelstert uit bogenoemde boek, dui op die volgende: Die algemene liggaamskleur is silwerig-olyfgroen van bo met ligter sye en bykans ‘n wit penskant. ‘n Duidelike kenmerk is ‘n donkerbaan oor die “skof” soos ‘n nekstreep (wat Hennie se vis ook gehad het). Die vis is in geheel met baie klein skubbe bedek. Dit is ‘n redelik algemene roofvis in tropiese en warm water en is ewe tuis in die oop see as by koraal- en rotsriwwe en maak jag op kleiner vissoorte. Die spesie word meestal met kunsaas wat gesleep word gevang. Die wêreld-hengelrekord is 59.9kg en die Suid-Afrikaanse hengelrekord is 15.8kg.

Hardus Botha

Rare vis vir Gansbaai

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Under the Microscope: Must Love Ants!

Under the Microscope: Must Love Ants!

Meet Paramixogaster acantholepidis, a rare hoverfly with a fascinating connection to ants. 

Grootbos Foundation
From Fresh Eggs to Chicken Manure

From Fresh Eggs to Chicken Manure

Update from the Entrepreneurship Programme: This is Phakama, who sells freshly laid eggs in Pearly Beach.

Grootbos Foundation
Why You Don't Need to Explain Yourself When You Say No

Why You Don't Need to Explain Yourself When You Say No

You never validate YES. Why do you want to validate NO?

Daily Blog: 29 September 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

Daily Blog: 29 September 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

What an amazing day out at sea with multiple Bronze whaler sharks, southern right whales and Cape fur seals! 

A Little Candlelight Goes a Long Way

A Little Candlelight Goes a Long Way

A little warmth for your home.

October is Breast Cancer Awareness Month

October is Breast Cancer Awareness Month

At Pam Golding Properties Gansbaai, we believe in building strong foundations in our homes...

See All Articles