Munisipale personeel is vasbyters

Munisipale personeel is vasbyters

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

“Hierdie is eintlik ‘n uitsonderlike gebeurtenis, aangesien dit nie maklik in ‘n dorp van Gansbaai se grootte gebeur dat personeel só lank by dieselfde instansie werksaam is nie,” sê mnr Kat Myburgh, Areabestuurder van die Overstrandse Munisipaliteit se Gansbaai Administrasie.

Tydens ‘n Wyksvergadering van Wyk 2 is vier personeellede gelukgewens met etlike jare se diens as munisipale amptenare. Hulle is: Hantie Vermeulen (33 jaar - Finansies); Sharman Geldenhuys (30 jaar - Biblioteekdienste); Sanet Otto (30 jaar - Kassiere); David Pieters (20 jaar - Riool Afdeling).

Dit is merkwaardig dat tussen die drie dames hulle met bykans ‘n eeu se diensjare spog. Tydens dieselfde Wyksvergadering is Edna van der Linde van Gansbaai Biblioteek gelukgewens met die verwerwing van die sertifikaat: Information and Knowledge Management in Libraries. Edna het in 2013 met haar graad, Information Science (destydse Biblioteekkunde), by UNISA begin. Van die 30 verpligte vakke het sy 19 suksesvol voltooi. Edna het op 9 Februarie 2009 op ‘n tydelike basis by Gansbaai Biblioteek begin werk en is op 1 Julie 2014 permanent aangestel - in totaal dus 7 jaar by die biblioteek. “Ek nooi graag enige persoon in die dorp uit wat by UNISA ingeskryf is, of van voorneme is om dit te doen, om my by die biblioteek te kontak,” sê Edna.

“Ek sal graag behulpsaam op enige gebied wil wees, aangesien dit deel van my studierigting is.” Sy het haar opregte dankbaarheid teenoor die munisipaliteit uitgespreek vir die subsidiëring van haar studies, wat sy as ‘n groot voorreg beskou.

Hardus Botha

Munisipale personeel is vasbyters

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

COMING HOME TO YOURSELF

COMING HOME TO YOURSELF

At the heart of all these conversations lies a single truth.

Ready for Adoption - Meet Benso

Ready for Adoption - Meet Benso

Benso is a sweet male dog, about 2 years old, and he is now ready to find his forever home.

BARC Animal Welfare
Daily Blog: 25 June 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

Daily Blog: 25 June 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

A successful day on the water with plenty of marine life to keep us company at the dive site! 

Finding Clarity in Life: What Do You Truly Want?

Finding Clarity in Life: What Do You Truly Want?

As awareness grows, something interesting begins to happen.

Generator Hire in Gansbaai: Reliable Power When You Need It Most

Generator Hire in Gansbaai: Reliable Power When You Need It Most

Power interruptions can bring work to a standstill, disrupt events, and create costly delays. 

Coastal Hire Gansbaai
Creating Opportunities for Youth

Creating Opportunities for Youth

Today's update from Grootbos Foundation is from the Employability Team...

Grootbos Foundation
See All Articles