Gansbaai Primêr se Kleuresport

Soos alle skole in die omgewing, het Gansbaai Primêr ook seker gemaak van ‘n suksesvolle Atletiek Kleuresportdag. Vrydag, 29 Januarie 2016 was dit hulle groot dag op Gansbaai Gemeenskaplike Sportgronde.

“Ons kleuresportdag was ‘n groot sukses met hartlike ondersteuning deur ons ouers wat dit bygewoon het,” sê die skoolhoof, Tommy Volkwyn. “Ons is sommer baie trots op ons leerders se prestasies.” Die wenspanne was die Blouspan met die meeste punte, terwyl die Rooispan vanjaar met die Geesbeker weggestap het. Die Victor Lodorum vir die dag was Owen Sauls en die Victrix Lodorum was Raynique Phillips.

“Groot dank aan die organiseerders en ander opvoeders vir hul harde werk,” sê Tommy. “Dankie ook aan Football Foundation vir hul volgehoue ondersteuning van ons skool.”

Hardus Botha

Gansbaai Primer se Kleuresport 1_1
Gansbaai Primer se Kleuresport 2