Enkele dae ná die aanbieding van ‘n suksesvolle Kleuresportdag deur Gansbaai Primêr, het hulle atlete op Vrydag, 5 Februarie 2016 aan die Walkerbaai Byeenkoms te Hermanus deelgeneem, met heelparty 1ste- en 2de plekke.
Die presteerders tydens dié byeenkoms, is Owen Sauls (ste plek - 1,500m), Vaste Pietersen (1ste plek - 1,200m), CJ Rudolph (2de plek - 1,200m), Lee Ann May (1ste plek - 100m), Lee Zydia Forry (2de plek - 100m), Lehann van der Berg (2de plek - 150m), Shanique Baardman (1ste plek - verspring), Ranwill Dickson (3de plek - spiesgooi) en Devoniah Dickson (3de plek - verspring).
In die verspringitem het Shanique Baardman ‘n bestaande rekord verbeter, wat ‘n uitstekende prestasie is. “Al die bovermelde leer-ders is ook in die Walkerbaaispan opgeneem, waarop ons baie trots is,” sê Tommy.
Hardus Botha