Sportliefhebbers in hul noppies

Sportliefhebbers in hul noppies

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Gansbaai Courant het ‘n versoek ontvang om ‘n algemene bedanking te plaas vir die sportfasiliteite wat deur Overstrand Munisipaliteit, in samewerking met ander rolspelers, daargestel is. Die rolspelers is Overstrand Munisipaliteit, Grootbos Foundation, Dept van Sport & Kultuur en ABSA.

Die reeds bekende Gansbaai Gemeenskaplike Sportgronde word as ‘n enorme fasiliteit vir vele sportorganisasies, skole en instansies beskou. Die rol wat mnr Kat Myburgh, Areabestuurder van die Overstrandse Munisipaliteit se Gansbaai Administrasie in hierdie verband gespeel het en steeds speel, is pertinent aan Gansbaai Courant uitgewys. “Ons het net gevoel om vir ‘n slag behoorlik dankie te sê vir die beskikbaarheid en gebruik van hierdie fantastiese fasiliteite in ons omgewing,” is onder andere gesê. Die knap Sportsentrumbestuurder, Carol Devitt, is voltyds in diens van die munisipaliteit en sy hou ‘n wakende oog oor onder andere besprekings en take soos aan haar opgelê.

Tans word die volgende sportsoorte daar beoefen: atletiek, gym, hokkie, krieket, netbal, rugby, sokker, tennis, touch rugby en wolly ball, met selfs dansgroepies wat van die fasiliteite gebruik maak. Die gerieflike klubhuis, met ‘n kombuis, word ook vir sportfunksies gebruik. Dan maak Gansbaai Academia, Gansbaai Primêr, Masakhane Primary School en die Football Foundation ook volskaals daarvan gebruik, asook instansies wat bepaalde feeste daar aanbied. “Hierdie fasiliteite kan as enorm vir ‘n plattelandse dorp soos Gansbaai beskryf word,” sê mnr Kat Myburgh. Carol sê die sportgronde word baie goed benut en sy bedank ook graag vir Paul de Villiers en Koos Engel van die munisipaliteit. “Hierdie twee manne is goud werd vir my met gereelde instandhoudingswerk wat hulle telkens addisioneel in hul eie vol werksprogramme moet inpas,” sê sy.

Mnr Myburgh het met dankbaarheid na Grootbos Foundation verwys wat steeds besig is met finansiële ondersteuning soos waartoe hulle hulself in 2005 vir die “meesterplan” verbind het. “Deur middel van hulle Football Foundation en dié se fantastiese vrywilligers met sportafrigting en vakansieprogramme vir skole, word daar in diepte aan die aanvanklike doel van die sportgronde uitvoering gegee,” sê hy. Vir navrae en/of besprekings kan Carol Devitt by 084-517-2548 gekontak word.

Hardus Botha

Sportliefhebbers in hul noppies

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

COMING HOME TO YOURSELF

COMING HOME TO YOURSELF

At the heart of all these conversations lies a single truth.

Ready for Adoption - Meet Benso

Ready for Adoption - Meet Benso

Benso is a sweet male dog, about 2 years old, and he is now ready to find his forever home.

BARC Animal Welfare
Daily Blog: 25 June 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

Daily Blog: 25 June 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

A successful day on the water with plenty of marine life to keep us company at the dive site! 

Finding Clarity in Life: What Do You Truly Want?

Finding Clarity in Life: What Do You Truly Want?

As awareness grows, something interesting begins to happen.

Generator Hire in Gansbaai: Reliable Power When You Need It Most

Generator Hire in Gansbaai: Reliable Power When You Need It Most

Power interruptions can bring work to a standstill, disrupt events, and create costly delays. 

Coastal Hire Gansbaai
Creating Opportunities for Youth

Creating Opportunities for Youth

Today's update from Grootbos Foundation is from the Employability Team...

Grootbos Foundation
See All Articles