B’Bos skoolbus aan LS Gansbaai geskenk

B’Bos skoolbus aan LS Gansbaai geskenk

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

 “Leerders van die Baardskeerdersbos-omgewing het vir baie jare op eie stoom by Laerskool Gansbaai en later ook Gansbaai Academia uitgekom met behulp van ‘n bus wat deur die ouers self aangekoop en bedryf is,” vertel Laerskool Gansbaai se skoolhoof, mnr Eben van der Merwe. Hy sê Laerskool Gansbaai het, op aandrang van hul Beheerliggaam, in 2015 aansoek gedoen vir 'n Departementele kontrak om die Baardskeerdersbos-leerders te vervoer en hierdie aansoek is met ingang van 2016 goedgekeur.

Volgens me Lea Harmse, die voormalige bestuurder van die skoolbus, het die Baardskeerdersbosgemeenskap besluit om die skoolbus aan Laerskool Gansbaai te skenk, aangesien die skool destyds ‘n donasie gegee het as hulp met die aankoop van die bus. Op die foto oorhandig me Harmse die skoolbus aan mnr Van der Merwe.

“Baie dankie aan die Baardskeerdersbos-gemeenskap vir die skenking van die skoolbus aan Laerskool Gansbaai, wat in die toekoms deur die skool bedryf sal word,” het mnr Van der Merwe gesê. “Tans het nie een van ons personeellede ‘n kode 10-lisensie nie en ons doen ‘n beroep op enige ouer/vriend van Laerskool Gansbaai om ons asseblief te help met die bestuur van die bus (teen vergoeding) na en van sportfunksies soos benodig.”

Belangstellendes kan Laerskool Gansbaai by 028-384-0000 kontak, of stuur ‘n e-pos aan lsg@lantic.net.  

Hardus Botha

B’Bos skoolbus aan LS Gansbaai geskenk

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Under the Microscope: Must Love Ants!

Under the Microscope: Must Love Ants!

Meet Paramixogaster acantholepidis, a rare hoverfly with a fascinating connection to ants. 

Grootbos Foundation
From Fresh Eggs to Chicken Manure

From Fresh Eggs to Chicken Manure

Update from the Entrepreneurship Programme: This is Phakama, who sells freshly laid eggs in Pearly Beach.

Grootbos Foundation
Why You Don't Need to Explain Yourself When You Say No

Why You Don't Need to Explain Yourself When You Say No

You never validate YES. Why do you want to validate NO?

Daily Blog: 29 September 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

Daily Blog: 29 September 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

What an amazing day out at sea with multiple Bronze whaler sharks, southern right whales and Cape fur seals! 

A Little Candlelight Goes a Long Way

A Little Candlelight Goes a Long Way

A little warmth for your home.

October is Breast Cancer Awareness Month

October is Breast Cancer Awareness Month

At Pam Golding Properties Gansbaai, we believe in building strong foundations in our homes...

See All Articles