Diepte van Veld

Diepte van Veld

Gansbaai Courant

Gansbaai Fotografieklub se onlangse byeenkoms te Groeneweide Kwekery is met insiggewende “video-clips” deur Marc du Plessis begin, met die tema as “Depth of Field” (DOF).

In kort kom DOF, of te wel Diepte van Veld, daarop neer om ‘n onderwerp helder op die foto as fokuspunt te laat uitstaan, terwyl die agtergrond dof (“blurred”) vertoon. Ná die leersame “video-clips” is die klublede na buite om kort voor die sonsondergang dit wat hulle geleer het, te gaan toepas. Hulle foto’s, met die fokus op DOF, sal tydens die volgende byeenkoms vertoon word. Enkele administratiewe reëlings is daarna deur Riaan getref.

Die jaarprogram vir 2016 is bekendgestel en uitgedeel en is propvol interessante gebeurtenisse: interne opleiding; ‘n groot verskeidenheid van interessante tema’s soos wit-en-swart foto’s, portretfotografie, landskapfotografie, straatfotografie, voedselfotografie en veel meer, asook praktiese uitstappies. Beslis ‘n program om na uit te sien. Uitstappies word spontaan gereël - indien dit ‘n mooi dag is, word alle klublede gekontak en die wat kan saamgaan, gaan saam om ‘n praktiese uitstappie te geniet. Temas vir vanjaar is alles “Local is Lekker”, asook die kompetisie later vanjaar.

Die area wat gedek word, is De Kelders, Gansbaai, Pearly Peach, Die Damme, Wolvengat en Baardskeerdersbos. Die rede vir hierdie besluit is om in te skakel by Gansbaai Toerisme wat die World Responsible Tourism Award in 2015 ontvang het. Marc het ook verduidelik dat ‘n sub-komitee aangestel is om aan ‘n graderingstelsel te werk om by ander fotografieklubs aan te sluit. Hy het onder andere gesê dat die hoofdoel van gradering is om lede die geleentheid te bied om mettertyd te groei.

Gansbaai Fotografieklub se byeenkomste is vir elke 1ste en 3de Maandag om 18:30 van elke maand geskeduleer en vind te Groeneweide Kwekery plaas. Die volgende byeenkoms sal op Maandag, 29 Februarie plaasvind, met die interessante tema: “Bokeh images”.

Navrae kan aan Riaan Jacobs by 082-373-8270 (chairperson@gbpc.co.za) gerig word, of skakel vir Veronica du Plessis by 084-826-8781 (secretary@gbpc.co.za). Die klub se webtuiste is www.gbpc.co.za. 

Hardus Botha

Diepte van Veld

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Stay Close to Gansbaai Harbour: Relax at N०1 Harbour Way!

Stay Close to Gansbaai Harbour: Relax at N०1 Harbour Way!

Enjoy a relaxing stay at N०1 Harbour Way, just a short walk from the Gansbaai Harbour. 

N०1 Harbour Way
Explore SMEG's Retro Kitchen Collection!

Explore SMEG's Retro Kitchen Collection!

Upgrade your kitchen with S Herholdt and SMEG's Retro Kitchen style!  

S Herholdt
Ontdek Zimbabwe en Botswana (Deel 11)

Ontdek Zimbabwe en Botswana (Deel 11)

In Deel 11 gaan ons voort met die twee egpare, Fanie en Judy Bothma van Franskraal en Dolf en Elna Nel van Saldanha.

Gans-Berg Nuus / News
Custom Irrigation Solutions for Your Garden's Water Needs!

Custom Irrigation Solutions for Your Garden's Water Needs!

A well-watered garden is a happy garden!

Eco-Flo Irrigation
Transform Your Kitchen with S Heroldt and SMEG: Premium Luxury Kitchen

Transform Your Kitchen with S Heroldt and SMEG: Premium Luxury Kitchen

Revamp your kitchen with S Heroldt and SMEG!

S Herholdt
Draft AGM Minutes - 22 March 2024

Draft AGM Minutes - 22 March 2024

We're pleased to share the draft minutes of our Annual General Meeting held on March 22, 2024. 

See All Articles