Diepte van Veld

Diepte van Veld

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Gansbaai Fotografieklub se onlangse byeenkoms te Groeneweide Kwekery is met insiggewende “video-clips” deur Marc du Plessis begin, met die tema as “Depth of Field” (DOF).

In kort kom DOF, of te wel Diepte van Veld, daarop neer om ‘n onderwerp helder op die foto as fokuspunt te laat uitstaan, terwyl die agtergrond dof (“blurred”) vertoon. Ná die leersame “video-clips” is die klublede na buite om kort voor die sonsondergang dit wat hulle geleer het, te gaan toepas. Hulle foto’s, met die fokus op DOF, sal tydens die volgende byeenkoms vertoon word. Enkele administratiewe reëlings is daarna deur Riaan getref.

Die jaarprogram vir 2016 is bekendgestel en uitgedeel en is propvol interessante gebeurtenisse: interne opleiding; ‘n groot verskeidenheid van interessante tema’s soos wit-en-swart foto’s, portretfotografie, landskapfotografie, straatfotografie, voedselfotografie en veel meer, asook praktiese uitstappies. Beslis ‘n program om na uit te sien. Uitstappies word spontaan gereël - indien dit ‘n mooi dag is, word alle klublede gekontak en die wat kan saamgaan, gaan saam om ‘n praktiese uitstappie te geniet. Temas vir vanjaar is alles “Local is Lekker”, asook die kompetisie later vanjaar.

Die area wat gedek word, is De Kelders, Gansbaai, Pearly Peach, Die Damme, Wolvengat en Baardskeerdersbos. Die rede vir hierdie besluit is om in te skakel by Gansbaai Toerisme wat die World Responsible Tourism Award in 2015 ontvang het. Marc het ook verduidelik dat ‘n sub-komitee aangestel is om aan ‘n graderingstelsel te werk om by ander fotografieklubs aan te sluit. Hy het onder andere gesê dat die hoofdoel van gradering is om lede die geleentheid te bied om mettertyd te groei.

Gansbaai Fotografieklub se byeenkomste is vir elke 1ste en 3de Maandag om 18:30 van elke maand geskeduleer en vind te Groeneweide Kwekery plaas. Die volgende byeenkoms sal op Maandag, 29 Februarie plaasvind, met die interessante tema: “Bokeh images”.

Navrae kan aan Riaan Jacobs by 082-373-8270 (chairperson@gbpc.co.za) gerig word, of skakel vir Veronica du Plessis by 084-826-8781 (secretary@gbpc.co.za). Die klub se webtuiste is www.gbpc.co.za. 

Hardus Botha

Diepte van Veld

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Under the Microscope: Must Love Ants!

Under the Microscope: Must Love Ants!

Meet Paramixogaster acantholepidis, a rare hoverfly with a fascinating connection to ants. 

Grootbos Foundation
From Fresh Eggs to Chicken Manure

From Fresh Eggs to Chicken Manure

Update from the Entrepreneurship Programme: This is Phakama, who sells freshly laid eggs in Pearly Beach.

Grootbos Foundation
Why You Don't Need to Explain Yourself When You Say No

Why You Don't Need to Explain Yourself When You Say No

You never validate YES. Why do you want to validate NO?

Daily Blog: 29 September 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

Daily Blog: 29 September 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

What an amazing day out at sea with multiple Bronze whaler sharks, southern right whales and Cape fur seals! 

A Little Candlelight Goes a Long Way

A Little Candlelight Goes a Long Way

A little warmth for your home.

October is Breast Cancer Awareness Month

October is Breast Cancer Awareness Month

At Pam Golding Properties Gansbaai, we believe in building strong foundations in our homes...

See All Articles