Donker

Donker

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

In die donker, tussen die bamboes

Ons het die aand gaan lê net deur die Clyde. Altans, ek dink so, want dit was jare terug en ek kan nie meer so duidelik onthou waar dit presies was nie. Dit moes in elk geval in die omgewing van Geelbekgat gewees het. Dit was nogal donker en ek weet ons het in ‘n oop kol gelê met die bamboes plek-plek om ons  – dié kon jy vaagweg onderskei. Dit was so lank terug en ons het nie eens geweet het hoe lyk ‘n GPS nie. Jan Tand, my skipper op Hamerkop, het gelukkig sy storie geken. Hy het suiwer staat gemaak op kundigheid en ondervinding en ons het volle vertroue in hom gehad dat hy die regte besluite sou neem. Dit het nogtans so bietjie geknaag aan my, hoe sou hy sy pad vind deur die bamboes op so ‘n donker nag?

Daar het nie juis vis gebyt nie en Jan het besluit dat ons maar moes terugkeer huis toe.

Ons was besig om op te pak toe Georgie oor die radio laat weet dat hy nie weet waar hy lê nie en ook nie die pad terug sal vind nie. Hy het Jan gevra om asseblief vir hom te wag sodat hy ons huis toe kan volg. Ons skipper se raad aan hom was om  baie geraas met sy motors te maak, ons kon dan   oordeel of hy nader aan ons beweeg of nie. Met ore gespits het ons hom ingelig hoe hy vorder. Georgie het maar benoud geklink oor die radio en het laat weet dat hy steeds geen benul het waarheen hy beweeg nie  en heen en weer tussen die baie bamboes ronddwaal. Sy groot probleem was riwwe wat hy nie in die donker kon sien nie. Jan moes hom aanhoudend raad gee, maar dit het later tog geklink of hy nader aan ons beweeg. Die motors se klank het ons later heel duidelik     gehoor en ons het geweet dat Georgie nou baie nader aan ons is. Al vyf van ons het bakboordkant dopgehou want ons was seker hy sal vanuit hierdie rigting kom. Ons verbasing was groot toe hy uiteindelik van die teenoorgestelde kant af langs ons kom lê. Dis hoe klank oor water dra.

 Ons het saam die pad terug aangedurf  en uiteindelik was ons uit die bamboes en op pad na Kleinbaai. Die ligte wat jy op die wal waarneem was ons teiken. Intussen het dit donkerder geword en toe ons die hawe nader was al genade om oor die kant van die boot te lê en seker te maak ons beweeg in die sloep. Dis “bietjie soontoe, Jan, of dan weer “meer links”. Jan was deurentyd kalm en ons het veilig die hawe binnegevaar. So het ek Jan geken!

Goeie nuus is dat daar geelbek naby die Eiland gevind is. Daar is ook in die week ‘n baie mooi PW gevang en dis eienaardig hoe die ou grote omtrent geen af stepe gehad het nie, met baie swart kolletjies en ‘n baie prominente stomp kop. Wys jou wat ouderdom aan jou maak (die vis, hoor). Groete, Seemeeu

Donker

Seemeeu

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

You Are Not Your Past

You Are Not Your Past

There is no shame in the pain you carry from your past.

Life Reflects You

Life Reflects You

Not to define you…

A Wild Start to the Day: Leopard Spotted

A Wild Start to the Day: Leopard Spotted

This morning, our reserve manager received an exciting camera trap alert of a leopard sighting. 

Grootbos Foundation
200+ Youth Apply for Life-Changing Opportunities

200+ Youth Apply for Life-Changing Opportunities

This week was full of excitement as Grootbos Foundation interviewed over 200 young people...

Grootbos Foundation
Sport Changing Lives in Gansbaai

Sport Changing Lives in Gansbaai

For some, Grootbos Foundation is best known for our work in conservation and in fynbos, but for a larger part of the community...

Grootbos Foundation
200+ Youth Apply for Grootbos Skills Programmes 2026

200+ Youth Apply for Grootbos Skills Programmes 2026

This week was full of excitement as Grootbos Foundation interviewed over 200 young people...

Grootbos Foundation
See All Articles