Wykskommitee besoek Beverley Hills

Wykskommitee besoek Beverley Hills

Gansbaai Courant

Die Munisipaliteit Overstrand beoefen vir etlike jare reeds die praktyk om ‘n toekenning van R400 000 per wyk in hul jaarlikse begroting te voorsien vir die befondsing van opgraderingsprojekte wat deur die inwoners van die wyk identifiseer is.  Daar word maandeliks tydens die wykskomitee-vergaderings verslag gedoen oor die vordering wat daar gemaak is met die aanwending van die fondse.

Tydens die afgelope vergadering van die wykskomitee van Wyk 2 is daar besluit om besoek te bring aan een van hierdie projekte wat onlangs in die plakkerskamp, bekend as Beverley Hills (Blompark), voltooi is.  Die bestaande geboutjie van ongeveer 30 m² is opgradeer sodat dit as ‘n speelskooltjie vir voorskoolse kinders gebruik kan word. 

Hierdie geboutjie is meer as tien jaar gelede opgerig met tweedehandse boumateriaal wat afkomstig was van die afdakke vanwaar informele handelaars in Hermanus voorheen sake bedryf het, voordat daardie markterrein met moderne strukture opgradeer is.  Die geboutjie (waarvan die mure met asbesplate gebou was) het vir etlike jare gedien as ‘n sopkombuis vir werklose en hulpbehoewende inwoners van Beverley Hills.  Die wyksprojek wat noodgedwonge vanweë ‘n gebrek aan fondse deur amptenare van die munisipaliteit self behartig moes word, het die bekleding van die binnemure, die aanbring van ‘n venster en plafonne, asook die uitverf van die gebou behels.

Alhoewel die Munisipaliteit Overstrand soms die geboutjie as ‘n vergaderplek met die inwoners van Beverley Hills gebruik, word daar tans oorweging geskenk aan die verhuring van die eiendom aan ‘n nie-winsgewende organisasie (SHARE) wat onder leiding van Pastoor Frikkie Zeelie waardevolle opheffingswerk in Beverley Hills behartig.  Die drie strukture op die eiendom sal voortaan aangewend word vir die bedryf van ‘n voorskoolse klassie, ‘n sopkombuis/voedingskema en ook ‘n opleidingsfasiliteit waar vaardigheidsontwikkeling sal plaasvind.  Heel gepas is daar besluit om die binnekant van die geboutjie te verf met skakerings van kleure van die reënboog omdat die klassie as “Rainbow Kids” bekend staan.

Die lede van die komitee onder leiding van die verkose wyksraadslid, Rdl Riana de Coning, was baie beïndruk met die finale produk en daar heers groot opgewondenheid oor die positiewe invloed wat hierdie projek sal hê in die bevordering van die lewenskwaliteit van inwoners van Beverley Hills.

Opregte dank ook aan die Area bestuurder, mnr Kat Myburgh vir sy persoonlike opoffering en fisiese handewerk om die verbetering te bewerkstellig. Die gemeenskap het groot waardering daarvoor.

Francois Myburgh

Wykskommitee besoek Beverley Hills

Francois Myburgh

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Embracing True Happiness: Finding Peace Within

Embracing True Happiness: Finding Peace Within

Can you experience pure happiness in this moment, without any external factors affecting it?

Jaarlikse Ope-dag Bonanza Visvangkompetisie

Jaarlikse Ope-dag Bonanza Visvangkompetisie

Die boothengelkompetisie van 30 April 2024 wat deur die bestuur van die Birkenhead Boothengelklub gereël is, verskil so 'ietwat' van die klub se gewone maandelikse kompetisies.

Gans-Berg Nuus / News
Empowering Entrepreneurs with Grootbos Foundation Mentorship

Empowering Entrepreneurs with Grootbos Foundation Mentorship

Exciting update from our Entrepreneurship Programme and Enterprise Development at Grootbos Foundation!

Grootbos Foundation
Transform Your Business Space with Paint

Transform Your Business Space with Paint

Paint plays a pivotal role in setting the tone and ambience of commercial spaces, from cosy cafes to bustling stores and elegant restaurants.

Join Us in Protecting Pearly Beach!

Join Us in Protecting Pearly Beach!

The Pearly Beach Ratepayers Association works to keep Pearly Beach beautiful and safe.

Fenominale Franskraler - Natalie Louw

Fenominale Franskraler - Natalie Louw

Skilder, skrywer, digter, beeldhouer, fotograaf, skut, liefde vir renmotors, Kayalami-ritte, blinde navigasie betrokkenheid, landloop-skeidregter, vryskutjoernalis, rubriekskrywer...

Gans-Berg Nuus / News
See All Articles