Wykskommitee besoek Beverley Hills

Wykskommitee besoek Beverley Hills

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Die Munisipaliteit Overstrand beoefen vir etlike jare reeds die praktyk om ‘n toekenning van R400 000 per wyk in hul jaarlikse begroting te voorsien vir die befondsing van opgraderingsprojekte wat deur die inwoners van die wyk identifiseer is.  Daar word maandeliks tydens die wykskomitee-vergaderings verslag gedoen oor die vordering wat daar gemaak is met die aanwending van die fondse.

Tydens die afgelope vergadering van die wykskomitee van Wyk 2 is daar besluit om besoek te bring aan een van hierdie projekte wat onlangs in die plakkerskamp, bekend as Beverley Hills (Blompark), voltooi is.  Die bestaande geboutjie van ongeveer 30 m² is opgradeer sodat dit as ‘n speelskooltjie vir voorskoolse kinders gebruik kan word. 

Hierdie geboutjie is meer as tien jaar gelede opgerig met tweedehandse boumateriaal wat afkomstig was van die afdakke vanwaar informele handelaars in Hermanus voorheen sake bedryf het, voordat daardie markterrein met moderne strukture opgradeer is.  Die geboutjie (waarvan die mure met asbesplate gebou was) het vir etlike jare gedien as ‘n sopkombuis vir werklose en hulpbehoewende inwoners van Beverley Hills.  Die wyksprojek wat noodgedwonge vanweë ‘n gebrek aan fondse deur amptenare van die munisipaliteit self behartig moes word, het die bekleding van die binnemure, die aanbring van ‘n venster en plafonne, asook die uitverf van die gebou behels.

Alhoewel die Munisipaliteit Overstrand soms die geboutjie as ‘n vergaderplek met die inwoners van Beverley Hills gebruik, word daar tans oorweging geskenk aan die verhuring van die eiendom aan ‘n nie-winsgewende organisasie (SHARE) wat onder leiding van Pastoor Frikkie Zeelie waardevolle opheffingswerk in Beverley Hills behartig.  Die drie strukture op die eiendom sal voortaan aangewend word vir die bedryf van ‘n voorskoolse klassie, ‘n sopkombuis/voedingskema en ook ‘n opleidingsfasiliteit waar vaardigheidsontwikkeling sal plaasvind.  Heel gepas is daar besluit om die binnekant van die geboutjie te verf met skakerings van kleure van die reënboog omdat die klassie as “Rainbow Kids” bekend staan.

Die lede van die komitee onder leiding van die verkose wyksraadslid, Rdl Riana de Coning, was baie beïndruk met die finale produk en daar heers groot opgewondenheid oor die positiewe invloed wat hierdie projek sal hê in die bevordering van die lewenskwaliteit van inwoners van Beverley Hills.

Opregte dank ook aan die Area bestuurder, mnr Kat Myburgh vir sy persoonlike opoffering en fisiese handewerk om die verbetering te bewerkstellig. Die gemeenskap het groot waardering daarvoor.

Francois Myburgh

Wykskommitee besoek Beverley Hills

Francois Myburgh

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Under the Microscope: Must Love Ants!

Under the Microscope: Must Love Ants!

Meet Paramixogaster acantholepidis, a rare hoverfly with a fascinating connection to ants. 

Grootbos Foundation
From Fresh Eggs to Chicken Manure

From Fresh Eggs to Chicken Manure

Update from the Entrepreneurship Programme: This is Phakama, who sells freshly laid eggs in Pearly Beach.

Grootbos Foundation
Why You Don't Need to Explain Yourself When You Say No

Why You Don't Need to Explain Yourself When You Say No

You never validate YES. Why do you want to validate NO?

Daily Blog: 29 September 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

Daily Blog: 29 September 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

What an amazing day out at sea with multiple Bronze whaler sharks, southern right whales and Cape fur seals! 

A Little Candlelight Goes a Long Way

A Little Candlelight Goes a Long Way

A little warmth for your home.

October is Breast Cancer Awareness Month

October is Breast Cancer Awareness Month

At Pam Golding Properties Gansbaai, we believe in building strong foundations in our homes...

See All Articles