Northern Gaint Petrel gered

Northern Gaint Petrel gered

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

 “Kom kyk bietjie hier, dit lyk soos ‘n baie groot seevoël wat seergekry het,” het Annatjie Pretorius vir haar vriendin, Anita Botha by Gansbaai se nuwe hawemuur nader geroep. “Ek hou hom al lankal dop en dit lyk soos ‘n Nellie of iets.”

Anita het dadelik voorgestel dat Wilfred Chivell geskakel moet word. Soos gewoonlik was Wilfred van Dyer Island Conservation die ene opgewondenheid en het kort ná die oproep opgedaag. Hy het die seevoël as ‘n Northern Giant Petrel (Macronectes halli) geïdentifiseer en sy twee manne van die African Penguin and Seabird Sanctuary (APSS) ontbied om dit te kom vang. Xolani Lawo, Bestuurder: APPS en sy assistent, Mervin Visagie was eweneens vinnig op die toneel. Die petrel is gevang en na APPS geneem, maar geen beserings kon gesien word nie. “Vermoedelik het hy visolie op sy kop gekry,” het Wilfred gesê. Die voël is nou vir ‘n herstelperiode by die APPS totdat dit weer vrygelaat kan word. Intussen het Annatjie al twee keer vir haar “kind” by die APPS gaan “kuier”.

“Die Northern Giant Petrel kom reg deur die jaar by ons kuste voor, ook hier by ons, maar broei nie hier nie,” sê Wilfred. “Hulle is besoekers vanaf Suid-Amerika en Prins Edward Eiland, maar word nie maklik naby die land gesien nie.” Hierdie insident herinner aan die verdwaalde Afrika Pikkewyn wat ‘n tyd gelede ook by die nuwe hawemuur deur Anita gesien is, waarna sy vir Wilfred geskakel het en hy net so vinnig gereageer het. Dus het die twee dames elkeen ‘n “kind” by die APPS - ‘n Nothern Giant Petrel en ‘n Afrika Pikkewyn! Inwoners en besoekers kan gerus die pragtige APSS op die Kleinbaaipad besoek.  

Dit is elke dag van die week vanaf 09:00 tot 16:00 oop vir gratis besoeke, met ‘n vrywillige donasie wat gegee kan word (‘n enorme hoeveelheid vis moet daagliks beskikbaar wees en daar is ‘n groot behoefte aan donateurs). Die Pikkewyn Reddingslyn se kontaknommer is 072-598-7117.

Hardus Botha

Northern Gaint Petrel gered

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

COMING HOME TO YOURSELF

COMING HOME TO YOURSELF

At the heart of all these conversations lies a single truth.

Ready for Adoption - Meet Benso

Ready for Adoption - Meet Benso

Benso is a sweet male dog, about 2 years old, and he is now ready to find his forever home.

BARC Animal Welfare
Daily Blog: 25 June 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

Daily Blog: 25 June 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

A successful day on the water with plenty of marine life to keep us company at the dive site! 

Finding Clarity in Life: What Do You Truly Want?

Finding Clarity in Life: What Do You Truly Want?

As awareness grows, something interesting begins to happen.

Generator Hire in Gansbaai: Reliable Power When You Need It Most

Generator Hire in Gansbaai: Reliable Power When You Need It Most

Power interruptions can bring work to a standstill, disrupt events, and create costly delays. 

Coastal Hire Gansbaai
Creating Opportunities for Youth

Creating Opportunities for Youth

Today's update from Grootbos Foundation is from the Employability Team...

Grootbos Foundation
See All Articles